Die departement van binnelandse sake het ontken dat die groen ID-boekie binnekort afgeskaf gaan word.
Dit kom nadat ʼn boodskap op sosiale media versprei is dat die groen ID-boekie op 31 Maart 2018 afgeskaf gaan word. Volgens dié boodskap moet mense nou aansoek doen vir slim-ID-kaarte. Volgens die departement is die boodskap vals.
“Daar is nie so ʼn aankondiging deur die departement gemaak nie. Ons wil dit duidelik maak dat die groen ID-boekie ʼn wettige vorm van identifikasie is,” het David Hlabane, woordvoerder van die departement, gesê.
Hlabane het gesê daar is wel ʼn plan om die groen ID-boekies mettertyd uit te faseer. “Die groen ID-boekie sal geldig bly tot wanneer die regstreekse vasleggingstelsel in alle kantore van die departement ingestel is om Suid-Afrikaners in staat te stel om by hul naaste kantoor vir slim-ID-kaarte aansoek te doen.”
Volgens Hlabane is daar tans 180 kantore waar mense kan aansoek doen vir slim-ID-kaarte. Die departement het vroeër gesê hy wil die groen ID-boekies teen 2022 uitfaseer.
MOOI MAN!!! KAN DAAR OP MAKLIKE VEILIGE KANTOOR KOMPLEKSE SUB STASIE KANTORE INGERIG WORD???? AANGESIEN MENS NIE JOU LEWE IN ENIGE MIDDESTAD KAN WAAG VIR IETS ONBENULLIGS NIE.
Marianne, jy hoef nie stad toe te ry om aansoek te doen nie. Jy doen dit aanlyn en gaan haal dit by een van die banke af wat op die aanlyn aansoek verskyn (jy kan kies watter bank/tak, wat Binnelandse Sake kantore ondersteun, vir jou die gerieflikste is). Maklik en veilig. https://ehome.dha.gov.za/echannel
Marianne, jy hoef nie middestad toe te ry om aansoek te doen nie. Jy kan aanlyn aansoek doen en dan kies jy ‘n bank & tak wat gelys is en vir jou die gerieflikste is om die kolleksie te doen. Van die banke huisves nou Binnelandse Sake kantore. Maklik, vinnig en veilig. Hier is die skakel. https://ehome.dha.gov.za/echannel
GAAN DIE DEPARTEMENT NOU AL HUISBESOEKE ANA GESTREMDE EN OU MENSE BEGIN TOE STAAN, SODAT HULLE OOK TEEN 2022 KAARTE SAL Hê? OUES, GESTREMDES EN MOEDERS MET BABAS EN KLEUTERS VIND DIT ONMOONTLIK PM IN RYE BY STAATS DEPARTEMENTE SOOS SASSA EN BINNELANDSESAKE TE STAAN…. DIT IS UITMERGELEND. HELP ASSEBLIEF.
Kan ons asseblief Nie in hoofletters tik nie – ons het nie nodig om te skree nie.
Van wanneer af is hoofletters skree ???
John, nie almal is rekenaargeletterd nie. Aan almal wat nie weet nie. As jy in e-posse in hoofletters tik, dan beteken dit jy skreeu vir die persoon wat dit lees. Ek dink nie dit is van toepassing in gewone kommentaar nie. Ek weet nie, enigeen wat iets hierop kan sê?
Gaan hulle betaal vir die slim kaart? Hoekom moet ek betaal as hulle dinge verander vir ‘n paar jaar en weer verander en weer verander. So ja as hulle betaal sak ek anders is ek jammer. Ek het nie geld om te mors met kospryse, petrol, eToll ens om te mors nie. Ek is ‘n alleen ma wat alles self moet doen
@Sê maar net, hoekom is e-toll betaal op jou lysie?
Wil net uit vind hoekom moet ons vir die nuwe id kaarte betaal…wat van as j nie geld het om dit te doen nie…want as j 16 is is dit verniet hoekom kan dit ook nie verniet wees aan die mense wat vir die eerste keer aan soek doen vir dit nie….hkm moet ons betaal en dit is klaar R180 dis bja sorry wat ek nie kan bekostig nie want dis vir my en my man so dit is klaar R360
mense wie daar die kaart al gesien hy krap so dat jy niks kan sien op dit nie ek het een op getel kan skaars uit maak wat die persoon se naam is foto baie swak en as jy dit by jou moet he sal jy elke 2 de jaar moet vervang swak produk ek sal dit nie kry nie wand ek gaan nie vir dit betaal nie die masa kry dit verniet waar om moet ek betaal net om dat ek wit is