Pres. Jacob Zuma het die groen lig gegee vir die Spesiale Ondersoekeenheid (SO) om enige wangedrag by die SAUK te ondersoek, het sy kantoor Vrydag gesê.
Dit gee aan die SOE die magtiging om onreëlmatighede en misdrywe te ondersoek wat verband hou met die aanskaffing van “goedere, werk of dienste namens die SAUK van verskeie maatskappye of diensverskaffers en enige betaling wat gedoen is wat onregverdig, nie deursigtig, nie mededingend of kostedoeltreffend was nie”.
Die SO kan ook personeel ondersoek wat nie belange bekend gemaak het in maatskappye, wat dienste verskaf het aan die SAUK, nie.
Ernstige wanadministrasie, onwettige gedrag deur raadslede en werknemers, onwettige spandering en nalatige verliese van openbare geld sal ook onder die soeklig kom.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Almal en alles word alewig ondersoek. Almal is skuldig word nie vervolg nie en stap as miljoeners by die deur uit. Wat n siek klug is dit nie.
Maak net seker die kollig is nie op hom nie. Baie slim
Mens hoor nooit van die skuldig bevinding en die straf wat daarmee saamgaan nie. Hulle word net na n ander dept toe geskuif. SIEK SIEK.
Werkskepping op sy beste . Amper almal baat daarby. Die oneerlike ou steel sy geld, die SOE’S word betaal vir die ondersoeke wat hulle moet doen. Die polisie, aanklaers en howe word besig gehou sodat hulle nie tyd mors met beuselagtighede soos plaasmoorde en verkeersoortredings nie. Joernaliste kry iets om oor te skryf, die opposisiepartye kry iets om oor te raas en die aandag word afgelei van die regering se onbevoegdheid. Daarby word meer geld in omloop geplaas en die ekonomie kry ‘n hupstoot. Op die einde verloor net die belastingbetaler maar dit maak mos nie eintlik saak nie want… Lees meer »
Die een ondersoek na die ander en wat help dit tog….dit kos net geld en daar is GEEN gevolge ! Kyk maar oor die jare dit was nog net skande op skande en ondersoek na ondersoek. Hoe kan n skelm n ander skelm ondersoek vra ek jou. Oplossing is om kundige eerbare mense te kry wat WIL werk …bevrees dit is te veel gevra vir SA mense wat baie eerder strike en dwarstrek met hulle eie persoonlike agenda. Gevolg is ek betaal nie my lesensie nie en klaar