Groot soektog ná boer dood gevind is

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Giyani in Limpopo het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur ná die liggaam van ʼn 63-jarige man Woensdagoggend omstreeks 06:00 langs die R529 naby Maphata Village gevind is.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die gemeenskap het die polisie ontbied. “Soyaphi Thomas Nkuna, ʼn voormalige onderwyser van Kheto N’umalo High School in Giyani en nou ʼn boer, se liggaam is gevind. Hy het skiet- en meswonde gehad.”

Die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat Nkuna sy huis in Mageva omstreeks 02:00 verlaat het. “Hy het in sy bakkie gery om sy plaas te patrolleer en vee te soek. Die gesin het onraad vermoed toe hy nie teruggekeer het nie.”

Nkuna se gryskleurige Nissan Hardbody, nommerplaat BDM 086 L, word ook vermis.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en motorkaping.”

Enigiemand met inligting oor die voertuig of meer inligting oor die voorval kan lt.kol. Mkhubela kontak by 082 729 0327.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Petrus ·

Ja, so ons moet maar net doodstil bly? Sê iets, dan is jý die verkeerde een!!

HOOP ·

Regte persoon “grootskaalse ondersoek” ander boere klein of halfhartige ondersoeke , bly nog hartseer dat n lewe niks werd is in ons land vandag.

Leonie ·

Baie sterkte vir sy familie. Ons regering dink mos daar word nie boere vermoor nie, dalk skrik hulle nou wakker Nadat dit ‘n swart boer is.

Koos ·

Onthou dit was donker hulle kon seker nie sien dit was nie’n wit boer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.