Henning-moordsaak hervat

Nico Henning (regs) verlaat die Pretoria-streekhof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Nico Henning (regs) verlaat die Pretoria-streekhof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Nico Henning, die vermoorde Chanelle Henning se vervreemde man, gaan na verwagting Donderdag weer in die Pretoria-streekshof verskyn in verband met haar moord.

Hy het op 3 Junie vlugtig in die hof verskyn waarna die saak uitgestel is vir verdere ondersoek.

Henning, die beweerde meesterbrein agter Chanelle se huurmoord, is in Desember 2013 onder streng voorwaardes op borgtog van R10 miljoen vrygelaat.

Chanelle (26) is in November 2011 in Faerie Glen, Pretoria, doodgeskiet nadat sy haar seuntjie by die kleuterskool afgelaai het.

Henning het homself op 6 Desember 2013 aan die polisie in Villieria, Pretoria, oorgegee. Sy borgtogvoorwaardes behels dat hy Maandae en Vrydae by die Hartbeespoortdam-polisiestasie moet aanmeld en nie nader as 1 km aan ’n internasionale vertrekpunt mag kom nie. Hy moet ook toestemming van die ondersoekbeampte, kapt. Petrus van der Spuy, bekom indien hy enige van sy privaat vliegtuie wil nader. Henning mag nie Gauteng of Noordwes verlaat sonder om vooraf toestemming van die ondersoekbeampte te kry nie. Hy mag ook nie enige kontak hê met ʼn lys van staatsgetuies nie, waaronder Andre Gouws, Ambrose Monye, verskeie van Chanelle se familielede, en werknemers van die Avis-motorhuuragentskap.

Lees alle berigte wat met die Henning-moordsaak verband hou, op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.