Die polisie het Donderdag ’n motor wat 20 jaar gelede gesteel is, in Mpumalanga teruggekry.
Volgens A.O. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, het die polisie die N3 naby Balmoral, Mpumalanga, gepatrolleer toe hulle ’n verdagte grys Mercedes‑Benz-sedan opgemerk het. Hulle het die motor gestop.
“Hulle het die besonderhede van die voertuig gesirkuleer en gevind dat dit in 2002 in Pinetown as gesteel aangemeld is,” bevestig Mophiring.
’n 31-jarige verdagte is in hegtenis geneem vir die besit van ’n vermoedelik gesteelde voertuig. Die voertuig is gekonfiskeer.
Die verdagte sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Harrismith verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
20 jaar?? Dit is baie doeltreffend
Dis hoe arrogant kriminele is in hierdie land, ry met ‘n voertuig rond onder almal se neuse ..
Die verdagte (31) was 20 jaar gelede elf jaar oud. Teach them young! LOL
Die spesifieke Mercedes in die foto was in produksie tussen 2007 en 2014…….
Net ‘n bewys hoe swak ons polisie is – vat 20jaar – seker ook maar net per geluk.