Klagte van wreedheid oor haglike veevervoer

Die verlengde blootstelling aan die vullis in die vragmotors het ook tot asemhalingsprobleme onder die skape en bokke gelei. (Foto: DBV)

Die DBV in Bloemfontein het ʼn klagte van dierewreedheid teen die eienaar van ʼn trop skape en bokke aanhangig gemaak nadat hulle 300 km ver onder haglike omstandighede in die Vrystaat vervoer is.

Inspekteurs van die DBV is na Marquard ontbied ná ʼn anonieme oproep oor die wrede omstandighede waaronder die diere vervoer word.

Altesame 14 bokke en 17 skape is agterop ʼn vragmotor ingeprop. “Die vragmotor het geen ventilasie gehad nie en die vloer van die voertuig was bedek in urine en mis. Die vragmotor het ook geen vloerbedekking gehad wat kon keer dat die diere gly en in die mis beland nie.

“Die diere is geruk en geskud tydens die rit van Vereeniging na Marquard en twee skape het gebreekte bene opgedoen,” sê hoofinsp. Reinet Meyer.

Meyer sê die reuk binne die vragmotor was onhoudbaar.

“Ek kan nie eens dink hoe hierdie diere moes voel nie: dors, vreesbevange en bedek in hul eie urine en mis.”

Die verlengde blootstelling aan die vullis in die vragmotors het ook tot asemhalingsprobleme onder die skape en bokke gelei.

“Die Bloemfonteinse inspektoraat het saamgestem dat die diere op ʼn ander sleepwa gelaai moet word om na veiligheid geneem te word.”

Werner Botha, ʼn inspekteur van die Bloemfonteinse DBV, sê die voorval het hulle opnuut laat besef dat talle mense lewende wesens sien as niks meer nie as iets te verhandel.

Die vee is na ʼn plek van veiligheid geneem terwyl die ondersoek na die saak van dierewreedheid teen die eienaar voortduur.

“Die Bloemfontein-DBV wil die beamptes van die Marquard-polisie bedank en loof vir hulle onwrikbare toewyding tot die beskerming van en diens aan die diere in hulle gebied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Amelia ·

En wat het geword van minister se saak waar diere dood is van honger (dink was varke en hoenders ) wat sy gese het haar plaasbestuurder was verantwoorlik maar sy nie eers die kos vir diere gekoop het nie

Sandra ·

Ek hoop nie hulle gee daardie diere terug vir die eienaar nie. Laat hy ‘n les leer waar dit hom die hardste slaan en dit is sy sak.

WILLEM ·

Diere is deur God geskape, -lees Genesis 24 – 26. Die mens moet na alle lewende wesens omsien, nie sleg behandel nie.
Die persoon wat die bokke en skape so mishandel het is sekerlik nie bekend met die Bybel nie. Gee vir hom ‘n Bybel en wys hom daarop wat ‘n mens moet doen.
Hy moet natuurlik ook sy straf kry vir sy dade.

Gert ·

Ek het nog net die dinge in Angola gesien en dit is normaal daar. Selfs om n dier op straat te slag om te bewys dat die vleis vars is terwyl die kliente in n ry staan is ook nie daar in sekere dele ongewoon nie. Begin hier nou n kultuur in ons land kop uit steek wat ook dalk later gesien gaan word as normaal?

Theunis ·

Baie dankie aan die anonieme persoon/e en die DBV se spoedige optrede, ek hoop ons gaan dieselfde reaksie sien deurdat daar baie streng teen die eienaar van die diere en alle betrokkenis opgetreë word. Daar is geen menslikke beskrywing van ‘n persoon/e wat deelneem of toelaat dat diere mishandel word.

Casper ·

Amalia,daai minister is onskuldig bevind,en jy weet seker hoekom want sy is ‘n”comrade”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.