Kleuter se lewelose liggaam in strandmeer gekry

(Foto: Netcare 911)

ʼn Vierjarige seuntjie is een van die mees onlangse slagoffers van ʼn verdrinking die afgelope Kersvakansie.

Omstanders het die kind kort voor 16:00 Donderdag in die water van die strandmeer naby Scottburgh se hoofstrand gesien en inderhaas hulp ontbied.

Die seuntjie het geen tekens van lewe getoon nie.

“Lewensredders het dadelik met kunsmatige asemhaling begin en paramedici het met hul aankoms daar dadelik met gevorderde lewensondersteuning begin,” het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

“Die pasiënt se toestand het egter versleg en hy is op die toneel dood verklaar.”

Daar was die afgelope paar weke heelwat berigte van verdrinkings en verskeie van die slagoffers was jong kinders.

Maroela Media het Donderdag onder meer berig ʼn tweejarige kind is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal gevlieg nadat die seuntjie in ʼn swembad by ʼn huis in The Reeds, Centurion, beland het.

Familielede het die kind uit die swembad gehaal en die ambulansdienste ontbied. Hy is volgens Netcare 911 na ʼn spesialisfasiliteit vir verdere behandeling geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.