Komatipoort-ongeluk eis vyf

(Argieffoto: WCHEMS/Twitter)

Vyf mans is Saterdagmiddag dood in ʼn ongeluk op die R582/1 naby Komatipoort in Mpumalanga.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, sê die bestuurder van ʼn ligte afleweringsvoertuig het beheer verloor oor die voertuig en in ʼn boom langs die pad vasgery. Die slagoffers sluit die bestuurder en vier passasiers in. Hulle is almal op die toneel dood verklaar.

“Wetstoepassers werk saam met die padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.”

Vusi Shongwe, provinsiale LUR vir gemeenskapsveiligheid, het weer ʼn beroep op motoriste gedoen om waaksaam te wees op die pad. “Met elke sterfte word talle families platgeslaan deur ʼn tragedie wat met die nodige sorg voorkom kon word.”

Shongwe het sy innige meegevoel met die families betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.