Konstabel dood in sel gevind

Foto ter illustrasie. (Argieffoto: ANA)

’n Durbanse polisiebeampte wat tereggestaan het op aanklag van moord op twee jong vroue met wie hy in romantiese verhoudings was, se liggaam is die naweek in sy tronksel by die Westville-gevangenis aangetref.

Konst. Mlungisi Blessing Sikhakhane het homself Saterdagaand om die lewe gebring.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), sê die konstabel het homself in sy enkelsel opgehang.

Sikhakhane is in Oktober in hegtenis geneem nadat die liggame van Enhle Majozi (18) en Sthembile Ngobese (24) by sy huis in KwaNyuswa buite Hillcrest gevind is.

Die jong vroue het albei skietwonde aan hul arms en koppe gehad.

Pornografiese materiaal en leë patroondoppies is op die toneel gevind, berig News24.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.