Korter vrae in lewenswetenskappe-vraestel vir matrieks

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

Die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen se tweede lewenswetenskappevraestel was oor die algemeen goed, gebalanseerd en het voldoen aan die vereistes van die KABV, Blooms-taksonomie, moeilikheidsgraag en onderwerpgewigswaardes.

“Leerders moes egter mooi lees om te antwoord wat gevra word, en nie onnodige foute maak met die skryf van byvoorbeeld genetiese kruising nie,” sê ’n onderwyser by monde van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas).

“Leerders wat goed voorberei het, behoort goed te vaar.”

Volgens nog ʼn wetenskaponderwyser meen die leerders die vraestel was “regverdig en billik”. “Daar was niks buitengewoon nie, maar daar is beslis ʼn neiging dat hulle die vrae anders begin stel. Hulle toets die leerders se kennis om te kyk of hulle dit wat hulle geleer het, kan toepas. Dit is beslis nie net meer voor-die-hand-liggend nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.