Kragopwekker ontplof by Tuks

Foto: Tshwane-nooddienste

ʼn Bystand-kragopwekker het Woensdag by die Universiteit van Pretoria se departement ekonomiese en bestuurswetenskappe ontplof en aan die brand geslaan.

“Die Tshwane-nooddienste is omstreeks 08:42 na die toneel ontbied,” sê Charles Mabaso, woordvoerder van die stad se nooddienste.

“ʼn Bystand-kragopwekker het ontplof. Die brandweer is dadelik ontplooi. Twee kragopwekkers was in vlamme gehul toe brandbestryders by die toneel opgedaag het en hulle het dadelik met brandbestryding begin.”

Die brand is geblus. Niemand is beseer nie en geen skade aan geboue is aangemeld nie.

Die oorsaak van die ontploffing en die brand moet nog bepaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.