Lewenslange vonnisse vir reeksverkragter

Motsepane Lolo Madigoe (Foto verskaf deur SAPD Limpopo)

Motsepane Lolo Madigoe (40) is meer as 70 jaar tronkstraf opgelê vir verskeie misdade wat tussen 2015 tot en met sy inhegtenisneming in 2020 gepleeg is.

Hy is skuldig bevind op vyf aanklagte van verkragting, drie aanklagte van huisbraak asook aanranding en ontvoering.

Kol. Malesela Ledwaba, woordvoerder van die polisie, sê Madigoe is Woensdag in die hooggeregshof in Polokwane gevonnis.

Hy is deur DNS-toetse met die misdade verbind.

Sers. Magaila Makopo van die Lebowakgomo-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe, het die ondersoek gelei.

“Deur haar toewyding en deursettingsvermoë om die kwesbare en weerlose inwoners van die provinsie te beskerm, het sers. Makopo verseker dat Madigoe nooit borgtog toegestaan is toe hy in Oktober 2020 aangekeer is nie.”

Madigoe se skrikbewind het op 10 Junie 2015 begin toe hy die huis van ʼn 36-jarige Zimbabwiese vrou om 01:00 die oggend by Seleteng betree het. Sy is voor haar drie minderjarige kinders en ʼn 14-jarige sib verkrag.

Op 23 Julie 2017 is ʼn 74-jarige vrou, die ma van ʼn vriend van die beskuldigde, by Seleteng verkrag. Die twee vriende het glo drankies by ʼn plaaslike kroeg gedrink voor Madigoe na sy vriend se huis is om die bejaarde vrou te verkrag. Hy het daarna van die toneel gevlug.

Madigoe is 10 jaar tronkstraf opgelê vir huisbraak met die doel om te verkrag (aanklag 1); lewenslange tronkstraf vir verkragting (aanklag 2); agt jaar vir huisbraak met die doel om misdaad te pleeg (aanklag 3); 10 jaar vir aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig (aanklag 4); agt jaar vir ontvoering (aanklag 5); 15 jaar vir verkragting (aanklag 6); 10 jaar vir huisbraak met die doel om te verkrag (aanklag 7); lewenslange tronkstraf vir verkragting (aanklag 8); lewenslange tronkstraf vir verkragting (aanklag 9); en 15 jaar vir verkragting (aanklag 10).

Aanklagte 1, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9 en 10 sal gelyklopend met aanklag 2 uitgedien word. Hy is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Bolandse Nooi ·

Soooo, dit stuk gemors kry eintlik 135 jaar (2 x ‘lewenslank’ = 50 jaar) plus, plus, plus, maar daarvan sal hy 70 sit (NIE!!!!!!!!), want 9 aanklagte se vonnisse word gelyklopend uitgedien. Ons regstelsel is ‘n ABSOLUTE BESPOTTING!!!!!!!!!! Was dit in die VSA, sou hy spesifiek EENHONDERD VYF-EN-DERTIG JAAR moes uitdien, “finish & klaar”. Maar hier, “board” hulle mos op die belastingbetaler se onkoste, kan hulle verder studeer ens. ens. ens. Kom hulle op parool of word hul vrygelaat na voldoende voltooiing van die minimum vonnis, is hulle dikwels groter misdadigers as toe hulle ingegaan het. Die Departement van “Korrektiewe” Dienste is glad nie so “korrektief” as wat hulle dink nie!

Casper ·

Wow wat ‘n vonnis.Hoelank gaan hy agter tralies deurbring voor hy op parool vrygelaat word en vrouens dan weer in vrees moet lewe.Hoedman het dan gesê geen parool vir die uitvaagsels nie.Gaan die families geken word in die paroolraad se besluit op parool soos in Oscar se geval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.