ʼn Paar rugbyballe, ʼn oud-Springbokkaptein, ʼn wisseltrofeë en ʼn blikkie Australiese Vegemite het vir groot sports gesorg.
Lees meerAlles vir Donderdag 31 Augustus 2023
Hoofstad van Indië kry ʼn Voortrekkermonument
“Hierdie projek laat mens klein en nederig. Afrikaners neem nou hulle plek tussen die volke van die wêreld in.”
Hospitaalpersoneel in KZN gekaap
Sewe hospitaalwerknemers is Donderdag gekaap toe hulle na hul huise in Cottonlands, KwaZulu-Natal, vervoer is.
Jhb-brand: Oorlewendes in nabygeleë geboue gehuisves
“Ons het ooreengekom dat ons nie mense op grond van hul burgerskap sal hanteer nie. In hierdie stadium sal ons humanitêre bystand lewer aan enigiemand wat deur die tragedie geraak is.”
38 huise in brand verwoes naby Sedgefield
Altesaam 81 persone, waaronder 28 kinders van verskillende ouderdomme, word deur die tragedie geraak.
Man gevonnis wat met WhatsApp aanhits
Die stemboodskap het tot xenofobiese aanvalle op uitlanders gelei en in sommige gevalle is hul eiendom beskadig en geplunder.
Lewenslange vonnisse vir reeksverkragter
Hy is verskeie lewenslange vonnisse opgele vir verskeie misdade wat tussen 2015 tot en met sy inhegtenisneming in 2020 gepleeg is.
ToekomsVenster: My hande opgehef
Hande ophef is ʼn gebede en aanbiddingshouding. Dit is ʼn simbool van oorgee, prysgee en opgee met eie pogings, slimmighede en menslike wysheid.
Meegevoel betuig vir slagoffers van Jhb-brand
“Ons hoop dat die nooddienste in Johannesburg vinnig sal werk om verdere lewensverlies te voorkom en vertroosting te bring vir diegene wat geraak word deur die tragedie.”
‘Samwu moet pa staan vir skade’
AfriForum staan slaggereed om die Tshwane-metro te help en kan nie langer terugstaan en toelaat dat die onwettige stakers verder munisipale dienste ontwrig nie.
Naam bekend van boer wat in Vrystaat-plaasaanval sterf
Die bejaarde Vrystaatse boer wat dood is ná hy en sy vrou Dinsdag op hul plaas buite Bloemfontein aangeval is, se naam is bekendgemaak.
Sewejarige by KZN-skool aangerand
“Gehalte onderrig kan nie plaasvind in ʼn gevaarlike omgewing nie. Ons stuur ons kinders skool toe en verwag dat hulle versorg sal word deur diegene wat ons vertrou om dit te doen.”
Betroubare skopper ʼn ‘Wêreldbeker-móét’
Rugbykenners meen Manie Libbok kan sy man in Frankryk staan, maar sê sy vermoë om onder druk te presteer, sal deurslaggewend wees.
Ál meer wil onafhanklikheid vir WK hê
Bykans sewe uit tien Wes-Kaapse kiesers steun ʼn referendum vir onafhanklikheid, met sowat ses uit tien kiesers wat ʼn onafhanklike Wes-Kaap voorstaan.
Fase 4-beurtkrag tot Sondag
Fase 4-beurtkrag sal tot Sondag Suid-Afrikaners se voorland wees.
Skoolgemeenskappe op oorlogspad oor ‘dreigbrief’
Die Gautengse departement van onderwys beweer van die provinsie se topskole word onderbenut en daarom sal hy meer leerders hier plaas as wat skole aangedui het hulle kan inneem.
Video: Geweld in Tshwane-vergadering, maar ‘ons gaan nêrens’
Brink sê ingevolge die stad se nuwe gedragskode is die EFF se optrede ʼn strafregtelike oortreding.
Kommer oor studie vir steenkoolmyn by Rietvlei-reservaat
AfriForum is bekommerd oor die uiters gebrekkige Konsep Basiese Impakbepalingsverslag wat deur die omgewingsimpakbepalingspraktisyn saamgestel is ten opsigte van die kleimyn wat grens aan die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria.
Gure weer kortwiek uitvoer van appels, pere
Suid-Afrika se appel-oestyd is presies die teenoorgestelde van dié van China en dit het die afgelope paar jaar tot ʼn bestendige toename in Suid-Afrikaanse appel-uitvoere na China gelei.
Gesoute akademikus neem RPO-leisels oor
Prof. Frikkie Maré meen hy is gerat om die talle uitdagings in die rooivleisbedryf met unieke benaderings en strategieë aan te pak.