Naam bekend van boer wat in Vrystaat-plaasaanval sterf

Argieffoto (Foto: Reint Dykema)

Die bejaarde Vrystaatse boer wat dood is ná hy en sy vrou Dinsdag op hul plaas buite Bloemfontein aangeval is, se naam is bekendgemaak.

Ian Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid by Action Society, het die boer uitgeken as die 71-jarige TJ Tlali.

“Sy vrou het die aanval oorleef, maar is uiters getraumatiseer en het baie ernstige beserings opgedoen,” het Cameron Donderdag op X (voorheen Twitter) gesê. “Landelike Suid-Afrika is onder aanval.”

Tlali se vrou is lewend onder ʼn matras aangetref en is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem.

Maroela Media het vroeër berig die egpaar se seun het Donderdagaand die laaste keer met hulle op die foon gesels. Hy het die afgelope naweek – en Maandag weer – herhaaldelik probeer om hulle in die hande te kry.

“Hy het een van sy vriende gevra om by sy ouers ʼn draai te gaan maak en te probeer vasstel wat aangaan,” het sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoeder, gesê.

Nadat die vriend Dinsdag op die plaas aangekom het, het hy niks buitengewoons by die huis opgemerk nie. Die deure het wel oopgestaan.

Die vriend het die boer in ʼn plas bloed met verskeie wonde aan sy kop en lyf aangetref en het dadelik die Kagisanong-polisie en nooddienste ontbied.

“Die polisie het hulle na die toneel gehaas en het die slagoffer se vrou elders in die huis aangetref,” het Kareli bygevoeg.

Die boer is op die toneel dood verklaar.

Volgens Kareli het die Vrystaat se provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad die saak oorgeneem en reeds ʼn reusesoektog na die aanvallers van stapel gestuur.

Dit is onbekend hoeveel verdagtes by die aanval betrokke was en of enigiets uit die huis gebuit is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

KB ·

En ons kan raai wie sit agter al die stakings, moorde, verkragtings, ens.

Nettie ·

So hartseer. Innige simpatie met die seun, die familie en die vriende. En alle sterkte aan die vrou. Mag sy herstel van die fisiese en emosionele trauma. En dankie aan die vriend wat gaan kyk het. Dit moes ook traumaties vir hom gewees het.

JohanR ·

Het enige iemand enige idees van hoe die boere van Suid Afrika kan beskerm word? Een boer is al een te veel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.