Vrystaatse boer sterf ná plaasaanval

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

ʼn Bejaarde Vrystaatse boer (71) is dood en sy vrou in ʼn kritieke toestand nadat hulle Dinsdag op hul plaas buite Bloemfontein aangeval is.

Sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoeder, sê die egpaar se seun het Donderdagaand die laaste keer met hulle op die foon gesels. Hy het die afgelope naweek – en Maandag weer – herhaaldelik probeer om hulle in die hande te kry.

“Hy het een van sy vriende gevra om by sy ouers ʼn draai te gaan maak en te probeer vasstel wat aangaan,” sê Kareli.

Nadat die vriend Dinsdag op die plaas aangekom het, het hy niks buitengewoons by die huis opgemerk nie. Die deure het wel oopgestaan.

Die vriend het die boer in ʼn plas bloed met verskeie wonde aan sy kop en lyf aangetref en het dadelik die Kagisanong-polisie en nooddienste ontbied.

“Die polisie het hulle na die toneel gehaas en het die slagoffer se vrou elders in die huis aangetref,” sê Kareli.

Die vrou is beseer maar lewend onder ʼn matras aangetref en is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem.

Die boer is op die toneel dood verklaar.

Volgens Kareli het die Vrystaat se provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad die saak oorgeneem en reeds ʼn reusesoektog na die aanvallers van stapel gestuur.

Dit is onbekend hoeveel verdagtes by die aanval betrokke was en of enigiets uit die huis gebuit is.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan sers. Morena Machalotsa by 073 729 1732 bel of die polisie Stop Misdaadnommer by 08600 10111 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Daisy ·

En Malema en Mbeki se die lied moet nie letterlik opgeneem word nie….

Delia ·

Oom, ek is so jammer dat Oom moes sterf op so n manier. Oom wat verseker vir jare bygedra het tot die opbou van die land. Tannie ek is jammer dat Tannie Tannie se oudag verder moet ingaan sonder die Oom. My hart huil vir julle..

Bolandse Nooi ·

Die Oom hoor nie meer nie … En die arme tannie – sy moet haar oudag sonder haar man, haar steunpilaar deurbring. HOEKOM BLY 80-JARIGES STEEDS OP PLASE?????????

Delia ·

Hoekom nie. Dis hulle REG volgens die grondwet!!!! Ons almal is in gevaar by tye
Waar moet ons almal bly?
Omtrent die oom wat nie meer hoor nie. Ek kan steeds my medelye betoon al ken ek hulle nie.

Die Kardinaal ·

Die hartseerste hartseer om te lees en weekliks te lees. Veragtelike rasgedrewe moord op weerlose mense wat die norm geword het.

Karoo ·

Agenee…. NOG ‘n sineloose dood. Dat jy jou “goue jare” met jou beste lewens maat so moet verloor.

Jax ·

Elkeen wat die lied van Kill the boer sing, moet aangekla word! Hierdie is net weer n bewys van die haat wat in ons land aangevuur word deur so-genaamde burgers van SA. Trek midde-Afrika in as jy dan soveel haat in jou hart het dat jy mense wat die los op jou tafel sit, so wreed wil doodmaak!
Rus in vrede Liewe oom. Sterkte aan die Tannie en haar hele familie/vriendekring. Ek dra julle in my gebede op aan ons Vader!

Misky ·

Verdagte nr 1 is Malema. Hy is die groot aanhitser en blaas rassehaat aan.

Cherokee ·

Strooi Goldy, strooi. Oom Jaap en Dr Albert Hertzog het so gesê, en die KP het hulle bloot nagepraat.

Harley Davidson ·

Die boere sal moet begin terug baklei of aanvaar dat hierdie behandeling hulle voorland gaan wees.

Danie ·

Ons laat toe dat hierdie met ons gebeur en dit deur een woord” Rassisme” Ons mense is banger vir die woord as vir die duiwel se slypsteen. Ons staan eerder op die agtervoet en kyk hoedat die blanke uitgemoor word as om op te staan en te veg vir ons toekoms en ons kinders se toekoms. Wanneer die laaste van die laaste blanke oorbly sal ek graag hul gesigte wil sien. Wat gaan hul vir hul kinders se oor hul uitsterwe as blanke ras. Dit is wat gaan gebeur want ons laat dit toe. Ons kerke laat dit toe

Yvonne ·

As die boere terug baklei word hulle summier in hegtenis geneem…… catch 22

Stephen ·

In a normal civilized society (which SA is not) the EFF would be charged with incitement to commit murder.
The opposition parties in SA seem to be a toothless bunch and unwilling to lay criminal charges against Malema and his terrorists. It is not rocket science to figure out where this upswing in farm murders and the brutality that goes with it originates.

piet ·

There’s no upswing in farm murders compared to previous years. Compare it on a year to year basis not during short, spike periods.

Danie ·

Ons is almal jammer dit help niks om aanvalle te keer.Ons moet begin saamstaan en as een man te praat.Die euwel moet gestop word deur woord en daad.

Cherokee ·

….as een man te praat. Praat gaan niks verander nie. En die ‘een man’ wat jy van praat, is ‘n handjievol vergeleke met massas. ‘n Nuwe Groot Trek moet begin word. Soos die een deur die Franse Hugenote in die 16de en 17de eeue.

Delia ·

Dankie. Wat is jou praktiese uitvoerbare voorstelle. Ek voel ook dit moet stop. Maar wat is ons pad vorentoe.

Skappie ·

Baie jammer om te lees van die oom. Weet nie wanneer hierdie moorde ooit gestop gaan word nie.. Mag onse Liewe Jesus tannie en die res van die gesin, deur hierdie moeilike tyd wat nou voorle dra.

Dromer ·

Die wapen wet moet net verander word na – skiet ook net – soos wat die krimenele se VOORREG is . Hulle skiet net en kom weg as dit nie 1 van hulle eie is nie.

Sonja ·

Waar is die Uwe Mnr. Cele. Worry mos nie oor plaasmoorde. Wens hy wil sy hoed vat en waai.

Gert ·

Woonbuurte moet reg om plase begin ontwikkel word. Sodoende kan dit meer beskerming bied vir volhoubare voedel sekerheid.

Lillian ·

My hart gaan uit na hul familie, hierdie is ‘n smart wat jy jou lewe lank dra….

Boerinmurgenbeen ·

Aandag aan alle boere: stop om enige belastings aan die owerhede te betaal. Win die nodige regs advies in en belê julle geld om julself te beveilig. As alle boere oor die land saam staan sal die regering verplig wees om dié gru dade aan te spreek en die doodstraf toe te pas op die veragtelikes wat dié dade pleeg.
Beveilig julle self, die regering gaan dit nie doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.