Hospitaalpersoneel in KZN gekaap

(Foto verskaf deur Rusa)

Sewe hospitaalwerknemers is Donderdag gekaap toe hulle na hul huise in Cottonlands, KwaZulu-Natal, vervoer is.

Reaction Unit South Africa het ʼn oproep van ʼn speurderkaptein by die provinsiale kantoor in Durban ontvang met ʼn versoek om bystand om die slagoffers op te spoor. “Die polisie het baie beperkte inligting oor die voorval verskaf,” het Rusa in ʼn verklaring gesê.

Rusa-beamtpes het na die gebied ontplooi en die slagoffers omstreeks 14:30 by ʼn vulstasie in Vincent Dickinsonweg in Cottonlands opgespoor.

“Die bestuurder van die voertuig het gesê hy het personeel van Osindisweni-staatshospitaal huis toe vervoer toe hulle deur ʼn donkerrooikleurige Toyota Quest (nommerplaat onbekend) voorgekeer is. Twee verdagtes het die Nissan NV 350-voertuig gekaap en met die personeel weggejaag. Die slagoffers is later op ʼn grondpad afgelaai en die kapers het in ʼn onbekende rigting gevlug.”

Die personeel het na die vulstasie gestap waar Rusa hulle opgespoor het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ES ·

Die hele KZN verander nou in ‘n misdaadnes. Dis amper erger as hier in Gauteng…

Althes ·

Dit is onaanvaarbaar dat die regering nie misdaad effektief kan hanteer nie, en in baie gevalle swyg waar hulle op publieke platform dit moet veroordeel.
Soos die Engelse spreekwoord sê: What goes around, comes around.
Of die Bybel: Wat jy saai sal jy maai. Daar gaan ñ dag kom wat hul die bitter sal proe van hul stilswye.
Sterkte aan die personeel wat getraumatiseer is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.