38 huise in brand verwoes naby Sedgefield

(Foto: @MrCow_man/Twitter)

Altesaam 38 huise is Woensdag verwoes in ʼn brand in Smutsville, Sedgefield. Altesaam 81 persone, waaronder 28 kinders van verskillende ouderdomme, word deur die tragedie geraak.

Ralph Stander, voorsitter van Knysna United, het sy innige meegevoel en simpatie betuig met die families. “Ons wil hulle graag verskeer dat ons, saam met die breër Knysna-gemeenskap, hulle sal bystaan in hul uur van nood.”

Stander sê die tragedie kon voorkom word.

Knysna United het in Februarie 2023 ʼn openbare vergadering belê en raadslede, waaronder burgemeesterskomiteelid Waleed Grootboom, het die vergadering bygewoon.

“Die gemeenskap het bevind daar is geen werkende brandblussers of brand- of rampplan vir Hornlee, Smutsville en ander informele gebiede nie. Die gemeenskap het ook ʼn brandweerstasie in Hornlee nodig en raadslede het onderneem dat hulle die saak aan die raad sal voorlê.”

Die raad het tot dusver nog nie op enige versoeke van Knysna United reageer nie, sê Stander.

“Ons wil graag Gift of the Givers en al die gemeenskaporganisasies en -werkers bedank wat hul tyd en moeite gegee het om die slagoffers by te staan. Baie dankie aan elkeen wat uitgereik het om diegene in nood by te staan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jacobus ·

Is sogenaamde “informele nedersettings” nie maar net onwettige nedersettings, wat aandring op gratis wettige dienste??

Bolandse Nooi ·

Ek wonder wanneer sekere lede van ons gemeenskap gaan wegstap of wegdraai van die ewige “bakhand-staan” sindroom. Daar word ALTYD verwag dat goed vir hulle gedoen en gegee moet word, van kos, tot klere, behuising, water, krag, geld, sanitêre ware en nou ook – soos in hierdie geval – brandblussers en -krane (wat, terloops – in ‘n gebied wat NIE geskik is vir menslike nedersetting is). Wat het geword van “aanvaar verantwoordelikheid vir wat joune is en wat jy wil hê”? Of is die “bakhand-staan” sindroom só diep ingesetel in sekere lede van ons gemeenskap se kultuur dat hulle nooit daarvan sal loskom nie? Wanneer kom “good, common sense” ‘n slag aan die beurt? Soos in – bv. – BESEF dat ‘n oop Primus-vlam of brandende kers wat nie dopgehou word nie, ‘n groot brand-risiko is. Soos in: DINK TOG ‘n SLAG VIR JOUSELF???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.