Hoofstad van Indië kry ʼn Voortrekkermonument

Die Voortrekkermonument in Pretoria (Foto verskaf)

Honderd-vyf-en-tagtig jaar ná die Groot Trek gaan die Voortrekkers wortelskiet in Suidoos-Asië met die ontwikkeling van ʼn nuwe kultuurpark in die Indiese hoofstad, Nieu-Delhi.

“Die verhaal van die Voortrekkers en die Voortrekkermonument (VTM) is een van hoop en vooruitsig, ten spyte van terugslae en teëspoed,” sê Danie Langner, besturende direkteur van die Voortrekkermonument. “Nou word dié verhaal ook internasionaal vertel met die toevoeging van ’n Voortrekkermonument-replika in Karol Bach, ’n woongebied in die hoofstad van Indië.”

Die plaaslike owerhede van Delhi sal binnekort die Ajmal Khan-Park Erfenispark in hierdie woongebied bou ter herdenking van die G20-beraad wat in September in Indië plaasvind.

Hier sal die Voortrekkermonument sy trotse plek volstaan langs wêreldbekende monumente uit die G20-lande: Japan se Kofuku-ji, Indië se Elephanta-grotte, China se Groot Muur, Korea se Sansa Boeddhisteberg, Rusland se Paleis van St. Petersburg, Saoedi-Arabië se Saad bin Saud-paleis en Turkye se Biblioteek van Celsus.

Dit sal die eerste replika van die Voortrekkermonument wees wat op internasionale vlak onthul word.

Die replikas sal elk tussen 15 en 20 voet hoog wees en kos tussen 1 200 000 en 2 000 000 roepees (tussen R270 000 en R450 000) om te bou.

NP van Wyk Louw skryf in sy versamelwerke, toe hy vir internasionale studente klas gegee het, het die vraag opgeduik: “Wat beteken julle (Afrikaners) vir ons en vir die res van die wêreld?” Sy antwoord daarop was: “Dit is vir my duidelik: ’n volk moet iéts in hom hê …. al is dit die fynste nuanse van ’n openbaring van die lewe se rykheid…”

Langner sê uit die honderde monumente in ons land het hulle die Voortrekkermonument gekies en dit is ʼn enorme eer wat die monument te beurt val.

“Hierdie projek laat mens klein en nederig. Afrikaners neem nou hulle plek tussen die volke van die wêreld in. Van Wyk Louw het die versugting uitgespreek dat die wêreld die aantreklikheid van die Afrikaner sal sien en hier gebeur dit nou vandag voor ons oë.”

Luidens ’n berig op die nuuswebtuiste news9live.com sê ’n senior amptenaar van die MCD (Munisipale Korporasie van Delhi) die temapark sal ontwikkel word om besoekers op te voed oor die diverse kulture en geskiedenis van die G20-lande.

Die ontwerp van die park is geskoei op die “Waste to Wonder Park”, wat replikas van die Sewe Wonders van die Wêreld ten toon stel.

As een van die mees besoedelde lande ter wêreld, het Indië besluit om hierdie projek te gebruik om lig te werp op die besoedelingskrisis en al die replikas uit skroot- en afvalmateriaal te maak.

Die Ajmal Khan-Park is die vierde van sy soort in Indië.

“Die Voortrekkermonument is gebou op ’n 341 hektaar-plaas in die stad en word ons natuurlike- en omgewingserfenis hoog op prys gestel, daarom is die Voortrekkermonument ook trots om deel te kan hê aan ’n projek wat Indië se eie uitdaging ten opsigte van besoedeling onder die kollig plaas.”

Sedert die amptelike inwyding van die Voortrekkermonument in 1949 het die terrein uitgebrei tot ‘n wêreldklasmonument met verskeie uitstallings wat die geskiedenis van die Afrikaner vertel deur talle uitstallings, museums en selfs ‘n teater, voeg Langner by.

“Die Voortrekkermonument het ook vroeër vanjaar die eerste museumteater van sy soort in die suidelike halfrond geopen en hierdie replika in die Ajmal Khan-Park bewys net weer dat dit werklik ’n wêreldklas monument is. Die monument is ‘n kultuurtuiste waar almal welkom is en ons baken van hoop se lig sal ook nou skyn, bykans 8 000 km van waar hy 74 jaar gelede opgerig is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

annie ·

Is dit om Afrikaners te bedank omdat hulle die land weggegee het en soveel Indiërs hier miljarders word? Om soveel geld te spandeer met soveel arm mense daar? Ek is gewalg oor die blydskap oor die duplikasie. Afrikaners raak van hul kop af!

Willie ·

Ag twak annie. Sal jy dit meer waardeer het as hulle ‘n “Mandela” daar opgerig het.

KB ·

Wat ons kultuur met Indië uit te waai het, sal net Danie Langer weet. Hy klink vir my soos die minister wat ʼn reuse standbeeld (2021/22) wou oprig vir die huidige regering…heeltemal vd spoor af.

Althes ·

Indien dit ñ simbool is van vrede en ons Afrikanergeskiedenis respekteer, is ek baie dankbaar vir dit vir ten minste een Brics land.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die plaaslike bevolking kan dit ook as ‘n tempel gebruik.

Ronél ·

n Hartseer dag dat ons erfenis in ‘n ander land erken word, maar dankie Indië

hpven ·

Mooi man! Ramaphosa regime gaan slapelose nagte hê, om nie eers van Malema te praat nie…

trotsNAMSA ·

Mooi, Suid-Afrika bestaan net uit Nelson Mandela en andere se beelde nie. Voortrekkers bo !!!

Judge ·

“Die monument is ‘n kultuurtuiste waar almal welkom is” – is dit so?
Wonder hoe lank die woke so gaan voel voordat hulle aandring dat die naam verander word?

Marietjie ·

Dankie India!! Tenminste sal ons geskiedenis daar nie uitgevee word soos hier nie

Nico ·

Die Voortrekker Monument is ‘n Vrymesselaars Tempel. Moenie dit verwyder nie, dit is die waarheid.

Amelia ·

Moenie dat die ANC hiervan uitvind nie of hulle probeer straks ‘n stokkie daarvoor steek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.