Lewenslank ná vierjarige se verkragting

(Foto: Shutterstock)

ʼn 43-jarige man is in die Postmasburg-streekhof in die Noord-Kaap lewenslange tronkstraf opgelê in verband met die verkragting van ʼn vierjarige kind.

“Die beskuldigde, wie se naam weerhou word om die slagoffer te beskerm, het saam met die slagoffer en die slagoffer se ma in ʼn huis gebly. Hulle is familielede,” sê Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag.

Die slagoffer se ma, wat as ʼn huishulp in ʼn ander gebied werk, het op 7 Oktober 2022 die kind by die beskuldigde gelos, soos wat sy al in die verlede gedoen het. Daar was ʼn ooreenkoms dat die beskuldigde van Maandae tot Vrydae na die kind sou omsien wanneer die ma moes werk.

Op die betrokke dag is die slagoffer in die beskuldigde se sorg gelaat, maar die man het op dié dag misbruik gemaak van die geleentheid en die kind verkrag.

“Die saak is by die polisie aangemeld toe die ma die kind se geslagsdele gesien en besef het iets is fout met die kind.”

Die beskuldigde is ná ʼn lang en moeilike ondersoek in hegtenis geneem.

“Die hof het die getuienis van die dokter wat getuig het oor die omvang van die beserings wat die kind opgedoen het. Die slagoffer kon ook, met behulp van die hof se voorbereidingsbeampte, Kelebogile Mogotsi, die beskuldigde uitwys as die persoon wat haar verkrag het.”

Die beskuldigde het, selfs met oorweldigende getuienis, steeds skuld ontken.

Streekstaatsaanklaer Moloi Kenneth Motsatse het tydens die hof aangevoer die beskuldigde het sy mag oor die kind misbruik en het geen berou getoon vir sy optrede nie. “As die oom van die kind het hy haar goed geken en haar familie het hom vertrou,” het Motsatse gesê.

Die staatsaanklaer het die hof versoek om nie af te wyk van die voorgeskrewe minimum vonnis nie en het lewenslange tronkstraf versoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cassie Carstens ·

Dis sulke gevalle waar oorwegings daaraan geskenk moet word om die doodstraf werklik terug te bring! Hierdie was ‘n onskuldige kind wat uitgebuit is deur ‘n mal mens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.