Maimane maak DA se skadukabinet bekend

(Foto: Demokratiese Alliansie/da.org.za)

Die DA-leier, Mmusi Maimane, het die amptelike opposisie se skadukabinet bekend gemaak, naamlik diegene wat die kabinet op hul tone moet hou en as DA-woordvoerders oor die verskillende portefeuljes moet optree.

Wat opvallend is, is dat drie senior DA-LP’s, te wete die nasionale ondervoorsitter Mike Waters, die voorsitter van die federale dagbestuur James Selfe, en die ondervoorsitter van die federale dagbestuur Thomas Walters, nie in die skadukabinet opgeneem is nie.

Maimane het verduidelik dat Waters, Selfe en Walters moet toesig hou oor die munisipaliteite onder DA-bewind en die party se verkiesingsmasjinerie moet regkry vir die plaaslike regeringsverkiesings van 2021.

Die skadukabinet sal elke twee weke onder voorsitterskap van Maimane en die DA-hoofsweep, John Steenhuisen, vergader om te probeer verseker dat hulle skerp bly as opposisie.

Die party het ook aangekondig wie sy lede op die laaste drie staande komitees van die Nasionale Vergadering sal wees. Die komitees het nie oorsig oor spesifieke kabinetsposisies nie, maar oor rolspelers in die begrotingsproses en die uitgee van belastingbetalersgeld.

Alf Lees sal dien as die DA se senior lid op die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor), met Benedicta van Minnen as sy mede-lid. Op die staande komitee oor die ouditeur-generaal is Phillip de Lange die senior DA-lid, met Eleanore Nouw-Spies wat hom bystaan. Denis Joseph lei die DA in die begrotingskomitee, bygestaan deur Ashor Sarupen.

Die skadukabinet en adjunkte is as volg:

Landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming: Annette Steyn
Adjunk: Thandeka Mbabama

Basiese onderwys: Nomsa Tarrabella-Marchesi
Adjunk: Desiree van der Walt

Kommunikasie en telekommunikasie: Phumzile van Damme
Adjunk: Cameron McKenzie

Samewerkende regering en tradisionele sake: Haniff Hoosen
Adjunk: Cilliers Brink

Verdediging: Kobus Marais
Adjunk: Maliyakhe Shelembe

Arbeid en werkskepping: Dr. Michael Cardo
Adjunk: Michael Bagraim

Finansies: Geordin Hill-Lewis
Adjunk: Dr. Dion George

Omgewingsake, bosbou en visserye: James Lorimer
Adjunk: Hannah Winckler

Gesondheid: Siviwe Gwarube
Adjunk: Lindy Wilson

Hoër onderwys, wetenskap en tegnologie: Prof. Belinda Bozzoli
Adjunk: Baxolile Nodada

Binnelandse sake: Joe McGluwa
Adjunk: Angel Khanyile

Menslike nedersettings, water en sanitasie: Leon Basson
Adjunk: Emma Powell

Internasionale verhoudinge: Darren Bergman
Adjunk: Mervyn Chetty

Justisie, grondwetlike ontwikkeling en korrektiewe dienste: Adv. Glynnis Breytenbach
Adjunk: Werner Horn

Minerale hulpbronne en energie: Kevin Mileham
Adjunk: Cheryl Phillips

Polisie: Andrew Whitfield
Adjunk: Ockie Terblanche

Presidensie: Solly Malatsi
Adjunk: Ghaleb Cachalia

Openbare ondernemings: Natasha Mazzone
Adjunk: Erik Marais

Staatsdiens en administrasie: Dr. Leon Schreiber
Adjunk: Michelle Clarke

Openbare werke en werkskepping: Patricia Kopane
Adjunk: Samantha Graham

Kleinsake-ontwikkeling: Zak Mbhele
Adjunk: Hendro Kruger

Maatskaplike ontwikkeling: Bridget Masango
Adjunk: Thandi Mpambo-Sibhukwane

Sport, kuns en kultuur: Tsepo Mhlongo
Adjunk: Veronica van Dyk

Staatsveiligheid: Dianne Kohler Barnard
Adjunk: Dr. Mimmy Gondwe

Toerisme: Manny de Freitas
Adjunk: Hlanganani Gumbi

Handel en nywerheid: Dean Macpherson
Adjunk: Matthew Cuthbert

Vervoer: Chris Hunsinger
Adjunk: Thami Mabhena

Vroue, kinders en gestremdes: Luyolo Mphithi
Adjunk: Nazley Sharif

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Dit lyk darem of die DA lede besig sal wees vir die volgende vyf jaar! Sterkte!

Ernst Marais ·

Gert, dink jy die DA sal nog 5 jaar hou?
Die NNP onder ‘n ander kortbroek het baie vinnig ingeplof.

sweis ·

Ek dink ook die DA het sy tyd gehad sal swakker en swakker word na elke verkiesing.

Delien ·

Het die DA al enigsins iets gese oor die vlaag plaasmoorde en geweld teen
blankes op plase,veral vroue in Wes Kaap? Ek woon hier en kan net een ding se: DA is ANC lite.
Nognooit my kruisie agter hul naam getrek. Hul doen niks vir ons nie en sal ook nie.

Anita ·

In die Kaap het ons almal vir die DA gestem MAAR NIE UIT LIEFDE NIE MAAR OM DIE KAAP TE BEHOU NET SOOS ONS OOK NAS. VIR DIE VF GESTEM HET. Die DA is ‘n teleurstelling betreffende behuising vir die Bruin mense die vir geslagte hier woon, hulle lewe verbeter nie hulle woon steeds in agterplase en word dood gebrand in wendy huise. Geografies word hulle die wettige inwoners uitgesluit van werk, hoeveel Bruin klerke is in Parlement? alle staats departemente? hulle is in die meerderheid in die Kaap, maar werk vir ons eie Kaapse mense bestaan nie. Busse vol mense word aangery en kry voorkeur en kan bande brand, skreeu en dans vir regte.
Die ergste van die DA is, hulle soek die stemme van die Afrikaans sprekende bruin en wit maar wanneer jy bel word jy op navraag meegedeel hulle praat nie Afrikaans nie, dit is Arrogant, neerhalend, vernederend. Iemand wat die pos beklee moet meer as een taal praat, die DA soek ons stemme maar minag ons as dit by taal kom. Hulle sal diens moet lewer in die bruin agter geblewenes as hulle stemme wil behou want Me. De Lille is nou in Parlement.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.