Maimane, Msimanga uit Rankuwa geskop

Inwoners in Garankuwa (Foto: Skermgreep uit ANA-video)

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, en Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, is Dinsdag deur ontstoke lede van die gemeenskap uit Rankuwa, noord van Pretoria, gejaag.

Maimane en Msimanga was in die gebied om besoek af te lê aan klein ondernemings en as deel van ʼn werkskeppingsprojek.

Die polisie is ontbied om die twee DA-leiers uit die saal te vergesel toe ontstoke inwoners hulle begin beledig het.

Lede van die gemeenskap beweer hulle is ontevrede met dienslewering deur die DA-administrasie en kla dat die rioolstelsel al ʼn paar jaar lank nie behoorlik werk nie. Sommige van die inwoners het selfs emmers vol ontlasting gebring om vir die burgemeester te wys wat hulle daagliks moet verduur.

“Ons smeek die burgemeester om ons griewe te kom aanspreek, maar nee, hy kom om 25 mense uit die hele gemeenskap te sien. Dis nie regverdig nie. Hulle kom na ons toe wanneer hulle stemme nodig het, maar verwaarloos ons sodra hulle verkies is,” het inwoner Mduduzi Mopai gesê.

Hy bly in ʼn plakkershuis in Sone 14 sonder enige elektrisiteit. Hy sê Msimanga het onderneem om met hulle te vergader, maar het tot dusver nog versuim om dit te doen. “Ons ondermyn nie die burgemeester se besoek nie, maar wat anders moet ons doen om aandag te kry? Ons soek sy aandag.”

Msimanga het gesê hulle sou al met die inwoners vergader het, maar word elke keer verhoed wanneer hulle met die inwoners wil gesels. “Daar is mense wat regtig met ons wil gesels, maar terwyl ons nog met hulle gesels, kom ʼn ander groep en sê hulle wil ons nie hier hê nie,” het hy verduidelik. “Hoe kan ek na die gemeenskap se griewe luister en die probleme aanspreek as daar mense is wat wil seker maak dat ons dit nie doen nie?” wou hy weet.

Die burgemeester het gesê hy is verbind daartoe om dienste te lewer en beplan om binne twee weke na Rankuwa terug te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

WL ·

Hoekom het hulle nodig om na iemand te luister voordat hulle basiese dienste lewer? Soos die 16 000 straatligte in Pta (of is dit net in Centurion) wat buite werking is.

Kaufman ·

Dienslewering in die area was baie slegter onder die ANC.

Reguit ·

Ek lê soos ek lag. Kennis, insig, bevoegdheid, diens, onderhoud en instandhouding in Afrika? Waar? Wanneer? Dis dan mos alles “bose koloniale erfenisse” daardie, of hoe? Hahahahahaha……

Koos de Meyer. ·

My vraag is net dit. Betaal hulle ooit vir dienslewering. Hulle kry alreeds 12 kilo liter water en 100 kW krag vernuut. Onder R8000. 00 salaris betaal hulle ook nie erf belasting nie. Maar ons moet maar betaal, gaan hulle die nuwe meters eerste daar in sit. Ek sal graag wil weet.

Selfbeskikking ·

Dis een van die baie redes waarom ons baie beter af gaan wees in ons eie klein land waarvoor ons moet onderhandel met ons regering en die buiteland.

snoefie ·

mens kan van enige munisipaleteit, da, cope, anc sê net wat jy wil, maar as hulle nie betaal word nie, kan hulle nie diens lewer nie. niemand skuld wit of swart of enige mens tussenin, n huis, kar, tersiëre opleiding, elektriseteit, of n kindertoelaag nie. ek stel voor ons almal hou skoon voor ons eie trappe voordat ons eis wat ons nie voor wil betaal nie.

Net ek ·

Dienslewering? Nie eers die raadslede doen iets nie. Kyk gerus op youtu.be : Tswhane Metro part 1 – 4

Johan ·

Die ANC lê agter die probleme…… maar DA het geweet wat wag vir hom toe hy oorvat!!!

Hanna Hoekom ·

Dalk moet die gemeenskap ophou plak in gebiede wat nie bedoel was om nedersettings te wees nie. Dalk moet die gemeenskap bietjie begin betaal vir dienste… Sien, 1+1 is toe nou nie 11 nie!

Jane ·

Hulle wil nie dienste he nie. Hulle wil gratis dienste he. Daar word strukture iewers opgerig en dan skree, toi toi en verwoes en afnrand.

Antiestabliesment ·

Die ANC het n ‘agenda’ om die DA leierskap se pogings tot dienslewering te ondermyn. Dit is hoe hulle in bewind gekom het. Veroorsaak onstabiliteit en belowe dan hulle sal dit beter doen. Blote politiekery.

Oom Kalahari ·

Lyk my die ANC en EFF ruiters is besig om die DA perd se rug hol te ry en te knak. Hul betaal die klompie plakkers om oral te gaan plak in DA gebiede en dan te “demand”, alles mos verniet of dan die massa optogte van vernielsig, brand en klipgooi. So is die DA dan maar die ou swakkeling en kom skep die cANCer en Everything For Free weer hul potjie goud.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.