ʼn 24-jarige man het Donderdag in die landdroshof in Port Alfred verskyn nadat hy ʼn 83-jarige vrou glo twee dae gelede beroof en aangerand het.
“Die bejaarde vrou sterk aan in ʼn hospitaal in Port Elizabeth nadat sy tydens die aanval vroeg Dinsdagoggend kopbeserings opgedoen het,” het lt Luvuyo Mjekula, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.
Die polisie in Port Alfred het glo ʼn klag van huisbraak ontvang van ʼn veiligheidsmaatskappy, Multi Security, wat reageer het op ʼn paniekroep.
“Ao Daniel Marais het hom na die toneel in Dickersonweg gehaas,” het Mjekula gesê. “Toe hy hoor die verdagte het reeds van die toneel gevlug, het hy hom agternagesit en hom later onder ʼn boom by ʼn huis in die woonbuurt opgespoor.” Marais het die verdagte in hegtenis geneem.
“Lede van die polisie en Multi Security het die bejaarde huiseienaar in ʼn plas bloed in die huis aangetref,” het Mjekula bygevoeg. “ʼn Ambulans is ontbied en die vrou is na die plaaslike hospitaal geneem. Sy is later na Port Elizabeth oorgeplaas met ernstige kopbeserings.”
Die polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak en aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig.
Die verdagte het vlugtig in die hof verskyn en die saak is tot 5 Februarie uitgestel vir regsverteenwoordiging en sy aansoek om borgtog. Hy bly in aanhouding.
Wys jou nou net hoe mak die kriminele is. Gaan sit jy nou onder ‘n boom in dieselfde woongebied waar jy so pas gesteel en aangerand het? Seker bietjie gerus en sy volgende slagoffer dopgehou.
Dit is so die mense wat iets doen wat SA beter maak en die wat goed doen, om ons as landsburgers te beskerm, word “genail”! maar die wat elke dag gemors aanjaag en alles vir eie gewin doen, en die wat vir ons liewe president cover, kom weg met alles, word selfs aangestel as ambassadeers in ander lande.
Dit is so die mense wat iets doen wat SA beter maak en die wat goed doen, om ons as landsburgers te beskerm, word “genail”! maar die wat elke dag gemors aanjaag en alles vir eie gewin doen, en die wat vir ons liewe president cover, kom weg met alles, word selfs aangestel as ambassadeers in ander lande.
Ek stem saam met Elize. Dit is nie juis iets nuut nie. As elke werker in die Staatdiens net sy plig doen en sy salaris verdien sal dit al klaar ‘n groot verbetering wees. Ek is bevree die baantjies vir boeties is ons land se ondergang.