Man met 98 ID’s betrap

(Foto: SAPD Vrystaat)

ʼn Onwettige immigrant sal binnekort in ʼn hof in die Vrystaat verskyn ná hy met 98 identiteitsdokumente en meer as 100 bankkaarte betrap is.

“Lede van Selosesha se openbare-orde-eenheid het Vrydagaand omstreeks 21:30 inligting ontvang oor ʼn man wat in besit is van ʼn rits identiteitsdokumente,” sê sers. Mahlomola Kareli, woordvoerder van die polisie.

Beamptes het die wenk opgevolg en ondersoek ingestel by ʼn huis in Zone 4, Selosesha. “Hulle het op ʼn 28-jarige uitlander afgekom wat in sy kamer 42 slimkaart-ID’s, een Lesotho-paspoort, 55 identiteitsdokumente en 105 bankkaarte van verskillende banke in Suid-Afrika gehad het. Hy het ook ʼn geboortesertifikaat in sy besit gehad.”

Die polisie stel tans ondersoek in om te bepaal hoekom die man soveel verskillende persoonlike dokumente van verskillende mense by hom het.

“Hy is in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van identiteitsdokumente en dat hy ʼn onwettige immigrant is. Enigiemand wat ʼn identiteitsdokument kwyt is weens die man se optrede, word versoek om die Selosesha-polisiestasie te kontak.”

Die man sal binnekort in die landdroshof in Thaba ‘Nchu verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Charles ·

Een van die ergste gevalle van meervoudige persoonlikheidsversteuring in Suid Afrika ooit.

Jasmyn ·

Lekker vervalsing van ID’s wat hier sou plaasvind… vir hom en al sy onwettige maatjies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.