Man vas wat glo met beleggers se geld verdwyn

Die verdagte het glo R1,5 miljoen uit mense geswendel. (Argieffoto: Maroela Media)

ʼn Vermeende bedrieër wat met sy beleggingskema glo sowat R1,5 miljoen uit niksvermoedende slagoffers geswendel het, verskyn later vandag in die Rustenburgse landdroshof.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, sê die eenheid het die 45-jarige verdagte Dinsdag in hegtenis geneem. Die vermeende bedrogspul is glo uit Rustenburg in Noordwes bedryf.

“Die verdagte het slagoffers na bewering in 2014 gelok om geld te belê in ʼn maatskappy genaamd Green Fields, deur hulle ʼn opbrengs van 100% aan die einde van die beleggingstermyn te beloof,” sê Rikhotso.

Die geld is na bewering in die verdagte se private bankrekening inbetaal en die maatskappy het soos mis voor die son verdwyn sonder om enige van die geld of dividende uit te betaal.

“ʼn Ondersoek is van stapel gestuur en die verdagte is in Gauteng opgespoor en daar in hegtenis geneem.”

Die man staan tereg op 38 aanklagte van bedrog en geldwassery nadat talle van sy vermeende slagoffers reeds na vore gekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cecilia ·

Geldgieriges glo sulke mense. Het ook nou nie eintlik simpatie met sulke dom mense nie. Jy doen mos eers j huiswerk behoorlik voor j sommer bele in n maatskappy

Casper ·

Dit gaan my verstand te bowe dat mense nog val vir hierdie skuim van die aarde se streke.As iets te goed is om waar te wees dan is dit nie waar nie.Doen eers ‘n profiel op die makelaar en ondersoek sy agtergrond en die sogenaamde maatskappy.Beĺê eerder by ‘n welbekende instansie van jou keuse en weet jou geld is veilig.

SjN ·

Rooi ligte behoort dadelik te flikker met sulke koerse slegs deur met handelsbanke se koerse te vergelyk, mense is geldgierig en val nog vir so n scam skema.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.