Man vas wat ‘tik’ glo in Postnet-pakkie wil stuur

Die 57-jarige Dirk Wismeijer is Vrydag in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel. (Foto: SA Polisie/Valke)

ʼn Man wat glo ʼn pakkie met 12 g metamfetamien, ook bekend as die dwelm “tik”, met Postnet vanaf Gqeberha na Frankryk wou stuur, bly agter tralies.

Die 57-jarige Dirk Wismeijer is Vrydag in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel nadat hy by ʼn gastehuis in Kirkwood aangekeer is, sê kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke.

Lede van die Valke se narkotikaburo en hul kollegas by die eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad het die ondersoek behartig nadat Wismeijer die pakkie glo die vorige dag by ʼn Postnet-tak by The Acres laat versend het.

Die dwelms is sowat R4 000 werd.

Wismeijer het reeds in die landdroshof op Gqeberha verskyn en is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy verskyn weer volgende maand in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.