Mandela ontslaan

Voormalige pres. Jacob Zuma

Voormalige president Nelson Mandela is Woensdagaand uit die hospitaal ontslaan.

“Hy sal intensiewe sorg by sy huis in Houghton ontvang totdat hy ten volle herstel het,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, gesê. “Ons bedank die publiek en die media vir die goeie wense en dat Madiba en sy gesin die nodige privaatheid ontvang het.”

“Ons versoek dat sy privaatheid steeds beskerm sal word om hom die beste toestand te gun om ten volle te herstel,” het Maharaj bygevoeg.

Mandela (94) het Kersdag in die hospitaal spandeer nadat hy op 8 Desember van sy huis in Qunu in die Oos-Kaap na Pretoria gevlieg is. Hy is met ‘n longinfeksie diagnoseer en galstene is ook verwyder. Mandela het ‘n geskiedenis van longprobleme nadat hy tuberkulose tydens sy 27 jaar in die tronk opgedoen het.

“Madiba lyk baie beter en hy is in ‘n goeie luim,” het president Jacob Zuma Dinsdag gesê toe hy hom in die hospitaal besoek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.