Marikana-moord: Beskuldigde sê polisie het hom gemartel

Sommige van die 14 mans wat tereg staan vir die moord op Chale in die hof. (23 Februarie) Foto: ANA.

Die Noordwes-hooggeregshof het Donderdag gehoor die polisie het geweld gebruik om inligting te kry uit een van die 14 Marikana-mans wat teregstaan vir die moord op Sabata Petros Chale (39).

Eric Marx, regsverteenwoordiger vir Sibonile Sobopha, het gesê sy kliënt is aangerand en elektries geskok. Hy is op 29 Desember 2016 om 22:00 in hegtenis geneem, maar is volgens Marx eers 07:00 die volgende oggend na die polisiestasie geneem.

Marx het gesê van waar Sobopha in hegtenis geneem is, was dit sowat 5 km weg van die Mdantsane-polisiestasie.

AO Samuel Kutumela het ontken dat Sobopha aangerand is.

“Ek was heeltyd saam met die beskuldigde en ek onthou niks van plastiek en elektriese skokke nie. Die beskuldigde het saamgewerk, dit was nie nodig vir ʼn geveg nie en dit het nooit plaasgevind nie,” het hy gesê.

Volgens Kutumela het dit die polisie agt uur geneem om Sobopha na die polisiestasie te neem omdat hulle bang was die ander beskuldigdes word dalk in kennis gestel. Dit sou dit moeilik maak vir die polisie om hulle op te spoor.

Hy het ook die kwessie dat hy nie vertroud is met die Transkei-omgewing nie voorgehou as nog ʼn rede hoekom daar ʼn vertraging was en dit vir hom moeilik was om in die nag in die nedersettings rond te beweeg.

Kutumela het ook aangevoer toe hulle by die stasie opdaag, het ʼn ander beampte beheer oorgeneem om iemand te vind om ʼn verklaring by Sobopha af te neem en hy het dus in die bakkie gebly.

Marx het dit aan Kutumela gestel dat óf hy óf die beampte verantwoordelik was vir die elektriese skokke van Sobopha.

Hy het gesê die rede waarom hulle met Sobopha rondgery het, is omdat hy nie sy regte voorgelees het soos dit wetlik vereis word nie of Chale as die persoon wie vermoor is genoem het nie.

Die staat voer aan Aubrey Seitsang, Sibonile Sobopha, Mdlondozi Fundiwo, Herbert Baqhesi, Napoleon Webster, William Nyenyane, Aphindile Pungone, Samson Gqwetani, Gift Luveli, Nkululeko Msithwa, Nkosindiphile Nziyose, Luvo Soyizwaphi, Sivuyile Qasha en Mzolisi Mbulana het Chale op 8 Desember 2016 op grusame wyse vermoor. Chale se moord was na bewering die gevolg van ʼn geskil oor HOP-huise in die Marikana-Wes-uitbreiding.

Chale was die leier van die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco in Marikana en glo in beheer van die toekenning van laekostebehuising. Die beskuldigdes was lede van die EFF wat hom daarvan beskuldig het dat hy huise aan ANC-lede toeken.

Seitsang, Sobopha, Fundiwo, Baqhesi en Nyenyane bly in aanhouding nadat hulle aansoek om borgtog in die Rustenburg-landdroshof geweier is. Die oorblywende nege se borgtog is verleng.

Maroela Media het vroeër berig ʼn getuie het Woensdag aan die hof gesê Chale het ʼn “verskriklike dood” gesterf. Die getuie se naam kan nie bekendgemaak word nie omdat sy in ʼn getuienisbeskermingsprogram is.

Sy het aan die hof gesê sy het gesien hoe Chale deur ʼn groep gewapende mans gejaag word, herhaaldelik met ʼn panga gekap en met iets in sy maag geskiet is.

Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sarel swartbrand ·

Die polisie het geen ander skills nie so dit kan verwag word dat hulle n geweldadige mentaliteit sal openbaar om resultate te kry.

LH ·

Ek dink regtig jou uitlating is BAIE onbillik Sarel swartbrand . . .

sarel seemonster ·

het die polisie ooit van ander skills as brutaliteit gebruik gemaak om die verklarings wat hulle hê, te kry?

Janee ·

Gaan se dit asb in persoon vir die manne en vroue wat daagliks daai uniform aantrek om mense soos jy te beskerm. My man nou al 26 jaar n Polisie beampte en manne soos hy het skills wat jy maar net kan droom om te he. 15 jaar in “JHB High Risk Team” gewees. Gaan soek daai manne op en se dit asb vir hulle.

Janee ·

Gaan google. SAPS Reaction Unit en gaan se dit vir hulle. Daai manne het mense soos jy se bas soveel gered. Julle is nie bewus hvl ure sit hulle in om inligting te kry en op tevolg. Ure en ure van hul huise en gesinne af. Kla nooit want dit is n calling. Nie almal is sleg…

Cry me a river ·

AG WIE GEE OM?? JULLE het die arme man wat julle vermoor het OOK GEMARTEL, hom in stukke opgekap met ‘n panga terwyl hy van julle gevlug het . nou moet ons vir JULLE omgee?? TOE NOU NIE!!

christa ·

as hulle wil lieg moet die polisie geweld gebruik. Hulle kom in elk geval so lig af as hulle tronkstraf kry. Hulle is so gou om verskonings te soek of die blaam op die polisie te pak. Wat verwag jy van EEF lede.

Hennie ·

Hulle het ‘n persoon vermoor maar huil nou oor geweld. Ironies.

Ag rerig? ·

Ag shame. Speel hy nou die victim kaart? Maar die rerige victim le 6 voet onder…

Tanzie ·

Net die feit dat hulle lede van die EFF is, maak nou vir my meer sin. Ek het nogal gewonder hoe iemand so brutaal kan wees. Iemand ‘n ander persoon so vermink. Maar nou het ek self die antwoorde op my vrae gekry.

Justice ·

Cowboys don`t cry – die polisie is nie `n welsyns organisasie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.