Die beampte het uit die bewegende motor gespring net voor die R57 op pad na Zamdela.
Lees meerAlles vir Vrydag 23 Februarie 2018
Billy Graham sterf op 99-jarige ouderdom: Stil broers, hier gaan ʼn groot man heen
Hy was vir meer as 60 jaar aktief in die bediening van die Woord en het meer mense met die Christelike boodskap bereik as enige iemand anders in die 20ste eeu.
Valke is glo nie op soek na Duduzane Zuma nie
Media in Suid-Afrika het wyd berig gelewer dat Duduzane, wat noue bande met die Gupta-broers het, saam met Ajay Gupta uit die land gevlug het.
Loterykommissie staak DBV-befondsing
Die DBV verleen reeds vir 62 jaar hulp aan werkdiere soos donkies, perde en beeste wat juis in afgeleë gebiede vir werk en vervoer gebruik word. Dié belangrike diens sal nou moontlik gestaak moet word.
Ajay Gupta glo vir ander saak as Estina gesoek
Lt.genl. Yolisa Matakata se opmerkings kom in teenstelling met dié wat Fikile Mbalula, minister van polisie, verlede week gemaak het – dat Gupta gesoek word in verband met die saak aangaande die Vrede-suiwelplaas.
ToekomsVenster: Die offergawes in die eerste kerk
Here ek wil graag met gehoorsaamheid en blydskap my offers aan U bring.
Sesjarige vir moetie ontvoer, vermoor
Sy was saam met haar oom toe sy ontvoer is en is daarna nooit weer lewend gesien nie.
Minister Lynne Brown diep in die pekel
Ramaphosa moet in elk geval ʼn nuwe adjunkpresident aanstel en nou is twee van sy ministers werklik kniediep in die pekel.
Die wêreld in foto’s – 23 Februarie 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Bekroonde tekenprent Jungle Beat nou op Showmax te sien
Dié lawwe, plaaslike kinderprogram en as jy ʼn Showmax-intekenaar is wat oorsee bly, kan jou kinders al dié animasiepret saam beleef.
Liggaam in kattebak dalk dié van vermiste ma
Die liggaam van ʼn vrou is Donderdagaand in ʼn uitgebrande BMW in Kaapstad gevind, skaars ʼn paar ure nadat ʼn 57-jarige vrou as vermis aangemeld is.
Kom leef jou kreatiwiteit uit! Pretdag in Bronkies
Alle aktiwiteite en klasse is gratis vir dié heerlike pretdag in Bronkhorstspruit.
Oud-SA-kolonel doodstraf opgelê
‘n Hof in die Suid-Soedannese hoofstad, Juba, het Vrydag beslis dat Endley tereggestel moet word deur gehang te word.
‘Gap’-jaar? Nee, FAK Horisonjaar!
Die FAK het ʼn opwindende nuwe program ontwikkel vir skoolverlaters en jongmense tussen die ouderdom van 18 en 21 jaar.
Video: Rowers slaan toe op geldwa
In ʼn video van die rooftog wat op sosiale media versprei word, kan ʼn ontploffing by die transitovoertuig gesien word. Kyk die video hier.
Chris Chameleon: Sou jy wou bid?
“Zou je willen bidden?” kom die hoflike vraag van ons gasheer en vriend, hier waar ons aansit vir ete in Nederland … skryf Chris Chameleon.
Tweede sege oorsee nou noodsaaklik vir Cheetahs
Die Ospreys is allermins die wêreld se heel beste span, en die Cheetahs is vrot toeriste.
Woord: skobbejak
Waar kom die woord “skobbejak” vandaan? Taaltoffie stel ondersoek in.
So lui EFF se mosie om onteiening te versnel
Die EFF het hul voet op die versneller geplaas om onteiening sonder vergoeding vinniger ‘n werklikheid te maak.
Vermiste vrou se lyk gevind
Die liggaam van ʼn 30-jarige vrou wat sedert 2 Februarie vermis was, is Donderdag in ʼn vlak graf opgespoor.