Die burgerregte-organisasie AfriForum en genl. Johan Booysen, voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, het Vrydag strafregtelike aanklagte van meineed en regsverydeling teen adv. Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging, by die Silverton-polisiestasie ingedien.
Alles vir Vrydag 23 Februarie 2018
Boekresensie: Skwiek deur Jaco Jacobs
Kinders sal absoluut mal wees oor hierdie boek. Dis in ’n lekkerlees formaat geskryf en hulle sal nie kan wag om om te blaai om verder te lees nie.
Padtoets: ʼn Vergete juweel
Dit is ʼn lieflike sedan met oorgenoeg plek. Dit is gemaklik en bied al die speelgoed wat mens sou wou hê. Dit is uiters veilig, en nie buitensporig duur nie.
[Video] Wat is jou skeppingsdoel?
Daar is soveel mense wat deur die lewe gaan en nooit weet hoekom hulle hier op aarde geplaas is nie. Wat is jou skeppingsdoel? Hoekom is jy hier? Die filmmaker, Frans Cronjé, wil met sy nuwe film, “The Roar”, die boodskap oordra van hoe om jou lewensdoel uit te ken.
Superrugby: Wie van Mitch, Swys of Fleckie gaan blaf?
John Mitchell, Swys de Bruin of Robbie Fleck
Seuntjie red vrou toe bul haar storm
“Uit die hoek van my oog sien ek toe ʼn klein lyfie wat uitgehardloop kom en reg voor my kom staan, tussen my en die bul.”
Video: Jong musikantjie terug met ‘konsertina-kaskenades’
Hy het ʼn groot liefde en talent vir musiek en het op vierjarige ouderdom vir die eerste keer ʼn instrument in sy hande gehou.
Waarskuwing vir terreuraanvalle in SA uitgereik
“Die Suid-Afrikaanse owerhede het suksesvol daarin geslaag om verskeie beplande aanvalle in die wiele te ry, asook talle inhegtenisnemings wat verband hou met terreur-oortredings uitgevoer.”
Sewe sterf in gru-botsing
Sewe volwassenes is dood en vyf mense kritiek beseer in ʼn trompop botsing Donderdagaand in Mpumalanga.
Raaiselkind: ‘Ek moet nou teruggaan na dáárdie huis toe’
“Die pad van ʼn ouer met ʼn kind met spesiale behoeftes is ʼn alleenpad.”
Die Proteas se eie wenresep: ‘So maak mens!’
Die Proteas kan beslis die reeks op ʼn hoë noot eindig en daardie glimlagte van Virat Kholi en sy makkers se gesigte afvee!
Sesnasies: Dít is waaroor Eddie Jones breed glimlag
Dit is een van daardie dinge waaroor die Engelse rugbyafrigter Eddie Jones altyd gedroom het: om ʼn monsterpak te hê wat sy teenstanders kan oorheers en in die vaste fasette kan opfrommel.
‘Premier moenie betrokke wees by ondersoek’
“Daarom sal Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, se deelname aan ʼn forensiese ondersoek na ʼn saak waarby hy moontlik betrokke is beslis die proses van geloofwaardigheid beroof.”
Baba word regstreeks op radio gebore
Luisteraars kon baba Jameson se eerste geluidjies geniet.
Marikana-moord: Beskuldigde sê polisie het hom gemartel
ʼn Getuie het Woensdag aan die hof gesê Chale het ʼn “verskriklike dood” gesterf.
NVG sal nou oor aanklagte teen Zuma besluit
Adv. Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging, sal na verwagting Vrydag aanbevelings van sy vervolgingspan ontvang oor die kwessie of voormalige pres. Jacob Zuma van korrupsie aangekla moet word.
Seun by skool doodgesteek
“Die twee leerders het na bewering in ʼn vurige rusie betrokke geraak, waarna die een leerder die ander een noodlottig gewond het.”
Nuuskommentaar: Om die troffel te laat val
Pres. Cyril Ramaphosa se beloftes oor beter regering wat voorlê, moet verwelkom word, maar weet hy hoe ’n enorme taak dit in geheel is en hoeveel hoë koppe sal moet rol? Die land het ’n gees van uitnemendheid nodig.
Vandag se sportnuus
By die Winterspele in Suid-Korea het die VSA se vrouespan Kanada met 3-2 in ʼn doeluitskietstryd geklop om met goud weg te stap in yshokkie.
Video: Agter die skerms by “Manne”
“Ja manne, alles is snaaks tot iemand seerkry, dan is dit nie meer snaaks nie – dan is dit skreeusnaaks.” Maroela Media het agter die skerms gaan kuier by die toneelstuk “Manne”.