Moord op Limpopo-wildboer: Nog vyf verdagtes in hof

Die eerste verdagte wat in verband met die moord op Piet Venter in die Rooiberg-omgewing in Limpopo in hegtenis geneem is. Foto: Spoorsnyers

Die eerste verdagte wat in verband met die moord op Piet Venter in die Rooiberg-omgewing in Limpopo in hegtenis geneem is. Foto: Spoorsnyers

Vyf van die ses persone wat in verband met die moord op Piet Venter (51), die wildboer van die Rooiberg-omgewing, in hegtenis geneem is, het Dinsdag in die Bela Bela-landdroshof in Limpopo verskyn.

Johannes Joubert (19), Johan du Toit (52), Elisabeth Ricco (40), Mona Oosthuizen (46) en John Pride Johanisse (40) staan tereg op aanklag van moord, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, huisbraak en diefstal,” het lt.kol. Malesela Ledwaba, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die saak is tot 23 November uitgestel waar hulle formeel aansoek sal doen om borgtog.”

ʼn Sesde verdagte, Reuben Miles (29), het Maandag in die hof verskyn. Sy saak is tot 24 November uitgestel wanneer hy na verwagting ook sal aansoek doen om borgtog.

Al die verdagtes bly in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig Venter is Vrydagaand op sy plaas, Chaheng Hunting Safaris tussen Thabazimbi en Bela-Bela, vermoor. Miles is Saterdagoggend in verband met die moord in hegtenis geneem terwyl die ander vyf verdagtes binne 24 uur daarna in hegtenis geneem is.

Venter het geslaap toe ʼn onbekende aantal persone toegang tot sy plaashuis bekom en hom oorweldig en vermoor het. “Voorlopige ondersoek dui daarop dat hy verwurg is. ʼn Nadoodse ondersoek sal egter gedoen word om presies te bepaal hoe hy dood is,” het Ledwaba vroeër gesê.

Die aanvallers het met die boer se kluis van die toneel gevlug. Die gesteelde kluis, met ʼn vuurwapen, ammunisie en kontant, is kort daarna in ʼn veld buite die dorp opgespoor.

Lees alle vorige berigte oor Piet Venter op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Daan Erasmus ·

Joubert. Oosthuizen. Du Toit. En raai wat het 99% van ons gedink.

Oom Koos ·

Nee. Ek is daai een persent . Het al die tyd vermoed dat dat ‘n Delila daaragter sit!!!

Lynette ·

Ek stem Rudi. Daardie foto en die naam pas nie maar as al ses so lyk, was die 99% nie heeltemal verkeerd nie.

Liza Opperman ·

Ek wil net graag weet. Die foto in die berig is dit een van die verdagtes ?

Liza Opperman ·

Ek sien daar staan dit is…. op ‘n ander netwerk is al die fotos

Mannetjies ·

Die vuilgoed van Kromdraai wat te lui is om te werk. Daar is nog baie van hulle soort in die area , maar die SAPS is so treurig , hulle vat 4 dae om daar uit te kom as daar n inbraak was.

Heidi ·

Dit is ongelukkig so dat “meng jou met die semels en die varke vreet jou op” waar is. Dat n tingerige liewe vroutjie deur die loop van die lewe verkeerde keuses gemaak het en iets geword het wat my wil laat braak. Ek weet ons mag nie klippe gooi nie maar o wee … Het ons kultuur dan werklik nodig om ons eie standaarde te laat daal om in te pas in ons eie geboorte land. Ek kan net my kop laat sak in skaamte. Het die mense geen gevoel nie? Dis werklikwaar n skande. Ek is ook n sukkelende Afrikaner maar te trots om te wys, te bedel, te moor of te steel. Ek sal eerder my bord kos vir my kind gee en honger gaan slaap as om sulke dinge aan te vang. Die kluis is gevat – hul motief was seker finansiele vryheid. Ek stel nie belang in politiek nie, maar dink eerlikwaar dat die land met God se Woord regeer moet word. Hy is die enigste een wat ons kan red want ons kan nie soos ander nasies saamstaan nie.

Flossie ·

En broer sal teen broer opstaan…
Lyk vir my sommige mense leer mooi deur voorbeeld: bestuur soos die res van Suid Afrika se pad verbruikers en nou DIT… Skokkend.

Eileen Botha ·

Ai Mona. Ek weet nie wat om te voel nie. My hart is stukkend vir jou onskuldige kinders se lewens wat verwoes is. Aan die ander kant is ek bly jy is vas. Jy het my pa ook van ons weg gevat. Ons kon dit net nie bewys nie…… Sien jou by die boom.

Lizette ·

Ons kon ook nie my broer se dood bewys nie maar vandag WEET ek!!! En dis 17 jaar terug. Sy was not altyd vrot van binne en Christopher is MY broer se kind wie se lewe sy verwoes het. Ek HAAT haar omdàt sy met hom verdwein het. Imagine om hom op die manier the moet find na 17 jaar. Ek is gebreek !!!!! Mag die staff wat haar toekom n vreeslike Groot een WEES !!!!

Jacqueline ·

Ai Eileen moet jy pa se woorde gebruik. Ek huil van vooraf. Gedink dit sal al beter wees maar dit is nie. Ek hoop net die wiel het hierdie keer vas gedraai. Daar is nou hoop vir die een klein mensie wat ons nie uit haar kloue kon kry nie. Ek hoop en bid vir Christopher. Hy is nie die mens wat mense hom uitmaak nie. Kinders kan nie help hulle het ‘n duiwel vir ‘n ma nie. Soos jy se….Sien jou by die boom.

John ·

Wil net aan die persoon wat kromdraai so sleg maak se hulle het almal vir die laaste twee jaar in Bella bella gewoon ja daar is nog van hulle hier baie min kan op my een hand tel maar wil ook se daar is n nuwe era wat op kromdraai koop kom kyk gerus GROOT GAAN JOU VERBASING WEES

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.