Motor beland in swembad

(Foto: IPSS Medical Rescue/Facebook)

ʼn Sportnutsvoertuig het Donderdagaand in ʼn swembad by ʼn huis in Tongaat in KwaZulu-Natal beland.

IPSS Medical Rescue is na die toneel ontplooi.

“Die bestuurder van die voertuig het ʼn mediese ongeval beleef terwyl hy bestuur het. Hy het beheer verloor oor die voertuig en het in die swembad beland.”

Die inwoners kon gelukkig die bestuurder veilig uit die voertuig red voor paramedici by die toneel aangekom het.

Die persoon is op die toneel deur IPSS Medical behandel vir matige beserings en is daarna na ʼn nabygeleë fasiliteit geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.