Die Boschendal-wynlandgoed tussen Franschhoek en Stellenbosch het met die louere as die wêreld se mooiste wynplaas weggestap.
Lees meerAlles vir Saterdag 3 Junie 2023
No. 50 wink vir immergroen Jannie op Bergrivier
“Op die derde dag moet jy 72 km aandurf. Dit is sewe uur wat jy op jou agterent sit en jou arms swaai. Dit is moeilik, maar jy maak kláár,” het die 83-jarige Jannie Malherbe gesê.
Heunis bedank uit raad van Universiteit Stellenbosch
Dr Jan Heunis SC het met onmiddellike effek uit die raad van die Universiteit Stellenbosch bedank.
Beurtkrag geld weer vanaf 16:00
Fase 4-beurtkrag sal Saterdagmiddag om 16:00 weer ingestel word tot Sondagoggend om 05:00.
Pope skitter teen Iere op krieketheiligdom
Ollie Pope het 205 lopies van slegs 208 aflewerings teen Ierland op Lord’s geslaan.
Bou ʼn gemeenskap waar kinders welkom is
Die doel van Nasionale Kinderbeskermingsweek is om gemeenskappe bewus te maak van kinders se regte soos vervat in die Grondwet.
Loodvrye ammunisie kan help om aasvoëls te bewaar
“Loodvergiftiging het die Amerikaanse kondor bykans heeltemal uitgewis. Ons kan nie toelaat dat dit in Suid-Afrika plaasvind nie.”
Boek-uittreksel: Rebellie dreig in juffrou-skrywer se faeryk
Kom lees ʼn hoofstuk uit Sunel Combrinck se jongste fantasieverhaal, ‘ʼn Beeldskone nagmerrie’.
ʼn Wen is ʼn wen – Novak
Novak Djokovic het – nadat hy met moeite die tweede stel teen Alejandro Davidovich Fokina beklink het – uiting aan sy emosies gegee. Natuurlik het sommige toeskouers hom toe uitgejou.
Phyllis-blik of Binny? Kies ʼn naam vir Kaapstad se rommelverwyderaar
ʼn Kortlys van vier name is saamgestel gebaseer op voorstelle uit die publiek.
16 in hof oor renosterstropery
Die groep beskuldigdes sluit twee voormalige wildbewaarders in.
Motor beland in swembad
ʼn Sportnutsvoertuig het Donderdagaand in ʼn swembad by ʼn huis in Tongaat in KwaZulu-Natal beland.
Donker nag, maar Bulle kon darem glimlag
Kragprobleme het gister amok op Loftus Versfeld gemaak, maar die Bulle het steeds tien drieë gedruk.
Uber-bestuurders aangeval, voertuie aan die brand gesteek
“Hierdie dade is onaanvaarbaar en daar moet baie sterk daarteen opgetree word.”
Beurtkrag (vir eers) opgeskort
Eskom het Saterdag bevestig danksy verbeterde kragopwekkingskapasiteit en ʼn laer aanvraag, is beurtkrag om 11:40 opgeskort tot verdere kennisgewing.
Oud-Eskom-werkers, kenners begin met werk by kragstasies
Voormalige Eskom-personeel en tegniese kenners sal van Maandag af by verskeie kragstasies landswyd ontplooi word.
NGV: Kommer oor finansiering, rol van mediese fondse en vaardighede
“Ons is bewus daarvan dat daar nog ‘n lang proses is wat ondergaan moet word voordat hierdie wetsontwerp ingestel word. Ons glo egter dat die wetsontwerp in sy huidige vorm nie geskik is vir die doel as die kwessies wat aangeroer word, nie dringend getakel word nie.”
Regering se hernieude aptyt vir hidrobreking laat ’n slegte smaak
“Ons is baie bekommerd dat skaliegasontginning nog ’n voorbeeld van ’n vinnig-rykword-skema vir ’n handjievol politieke elites sal word, ten koste van die armes en kwesbares.”
AmaBhungane-joernaliste ‘gemuilband’ deur Moti Group
“Hierdie tipe ex parte beperking op publikasie en inval op mediavryheid is ongekend in die demokratiese era.”
12 perde vrek by Kentucky Derby-renbaan
Alle wedrenne sal aan die einde van dié naweek se kompetisie by Churchill Downs, waar die bekende Kentucky Derby aangebied word, opgeskort word.