“Baie vroue en kinders leef in vrees en kan nie meer vreedsaam in die straat loop om inkopies te doen, iets vir die pret doen, werk toe gaan of vrede by die huis geniet nie.”
Alles vir Saterdag 3 Junie 2023
Jong man wat bene in ongeluk verloor bly ‘inspirasie’
“Edwin het vir langer as twee uur in sy eie bloed gesit, sy bene was weg, tog het hy oorleef, hy is nog hier, en dit is al wat saak maak.”
‘Fishrot’-skandaal se voortvlugtige in die Paarl aangekeer
Marén de Klerk voer aan hy is nie ʼn voortvlugtige nie, hy is ʼn fluitjieblaser.
Vrou van mensehandel verdink
Die twee slagoffers is na bewering van die Demokratiese Republiek die Kongo na Suid-Afrika gebring.
Curriebeker: WP trap in Kimberley se Groot Gat
Nadat die Bulle laat Vrydagaand die Griffons op Loftus Versfeld uitgestof het, hang die WP se kans om tot die uitspeelrondes van die Curriebeker-reeks deur te dring, aan ʼn dun draadjie.
Gholf: Suh weet waarvan Player gepraat het
“Slaan af om te beïndruk, maar setwerk laat die geld inrol.”
Meer as 280 sterf in Indië-treinramp
Dit is die land se dodelikste treinongeluk in meer as 20 jaar.
Hollywood: Voormalige sjef val Benedict Cumberbatch aan; John Cleese sê ‘aikôna’ vir politieke kritiek
In vandeesweek se nuus uit Hollywood word die kletsrymer, Tupac Shakur, postuum met ʼn Hollywood-ster vereer; John Cleese trek sy neus op vir kritiek; en die vroue van “Sex and the City” verenig ná ʼn jarelange vete.
Navorsing: SA weermag kwesbaarder vir kuberaanvalle (as wat hy vermoed)
ʼn Navorsingsielkundige en kubersekuriteit-opleidingspesialis aan die Universiteit Stellenbosch (US) sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) moet dringend sy bewustheid oor kubersekuriteit opskerp.
Gedagte vir die dag: Jesus
Sy sal ’n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. (Matteus 1:21)