Gedagte vir die dag: Jesus

sonsopkoms_vrou_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

Sy sal ’n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. (Matteus 1:21)

Die lewende Christus maak Homself aan ons bekend en deur die mag van sy liefde word ons liefde vir sonde verdryf. Deur ons persoonlike gemeenskap met Jesus word ons van ons sondes gered. Ek moet met my hele hart en al my sondes na Jesus toe kom, die almagtige, persoonlike Verlosser in wie God se heiligheid rus.

Namate ek en Hy deur die werk van sy Heilige Gees in my hart gemeenskap het, sal sy liefde alle sonde verdryf en oorwin.

Bron:  Die Goddelike Geheim deur Andrew Murray
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.