Myner sterf tydens grondstorting by Vrystaat-myn

Argieffoto (Foto: Harmony/Facebook)

ʼn Werker by Harmony se Tshepong North-myn naby Odendaalsrus in die Vrystaat is Maandag dood tydens ʼn grondstortingsvoorval.

“Ons betreur die lewensverlies in ʼn periode waar ons alle pogings aanwend om seker te maak dat ons myne veilig is,” sê Peter Steenkamp, uitvoerende hoof van Harmony. “Ons betuig ons innige meegevoel met die familie, vriende en kollegas van die oorledene.”

Die betrokke owerhede en familielede van die mynwerker is in kennis gestel van die voorval. Die maatskappy het ʼn omvattende interne ondersoek van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Harley Davidson ·

Seb is besig om die myne seer te maak jy moet jou veiligheid produkte deur derde partye verkoop om te voldoen aan die rassistiese seb beleid wat die produkte duurder maak en sodoende is die myne se begroting nie genoeg om 100% te voldoen aan veiligheid produkte nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.