Mynwerker sterf tydens afsonderingsperiode

Argieffoto

ʼn Werker is Woensdagoggend vroeg dood by die Mzimkhulu-steenkoolmyn in Mpumalanga.

Gabriel Nkosi, nasionale koördineerder vir beroepsgesondheid en -veiligheid van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu), het gesê die vakbond het van die noodlottige besering te hore gekom by die steenkoolmyn naby Kendal-kragstasie, tussen Delmas en Emalahleni.

“Die werker was glo tussen die voerband en die stortgeut vasgekeer. Amcu bevraagteken of die vereiste veiligheidsmaatreëls in plek was om só ongeluk te voorkom en waarom daar klaarblyklik geen ingenieursbeheer was om te voorkom dat ʼn werknemer op die voerband meegesleur word nie,” het hy bygevoeg.

Nkosi het gesê die vakbond het Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, versoek om ʼn lys van myne te verskaf wat kwytgeskeld is van die algehele landwye afsondering, maar het nog nie enige reaksie ontvang nie.

“In hierdie stadium is dit nog nie duidelik of die Mzimkhulu-steenkoolmyn kwytgeskel is as ʼn noodsaaklike diens nie,” het Nkosi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.