ʼn Nat en koue Donderdag

Argieffoto

Argieffoto

Nat en koel weerstoestande word Donderdagmiddag vir groot dele van die land voorspel.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gesê mense moet waaksaam wees vir erge donderstorms oor die noord-oostelike gedeeltes van die Oos-Kaap, en westelike gedeeltes van KwaZulu-Natal.

Swaar reën is vir gedeeltes van die Vrystaat voorspel. Maroela Media het vroeër berig die swaar reën het kitsvloede in Bloemfontein veroorsaak. Klik hier om foto’s en ʼn video daarvan te sien.

Buie en donderbuie word ook vir sekere gebiede in Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, Noordwes en die Noord-Kaap voorspel.

Geïsoleerde buie word kan in die weste en suidkus van die Wes-Kaap te wagte wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.