Num verwelkom Mynbou-handves, soek nóg groter SEB-teikens

Argieffoto

Die National Union of Mineworkers (Num) het Vrydag gesê hy verwelkom die Mynbou-handves wat hierdie week gepubliseer is, maar die teikens vir swart eienaarskap van die land se minerale welvaart kon selfs hoër gewees het.

Die vakbond het in ʼn verklaring gesê hy verwelkom die teiken van 30% swart eienaarskap vir alle myne.

“Alhoewel die departement van minerale hulpbronne en die minister nie die teikens geïmplementeer het wat ons voorgestel het om 35% as ʼn minimumteiken teen 2022 te bereik nie, waardeer ons steeds die toename van die aanvanklik 26% tot 30%,” het Num gesê.

Die vakbond het gesê hy is egter teleurgestel dat minister Mosebenzi Zwane nie die ekonomiese voordeel vir mynwerkers en mynbougemeenskappe tot 10% verhoog het nie.

“Die minister het eienaarskap vir werknemers en gemeenskappe tot 8% elk beperk. SEB-entrepreneurs en die huidige eienaars behou dus 84% (met ʼn minimum van 14% in die hande van swart entrepreneurs.”

Die vakbond het die Kamer van Mynwese veroordeel wat ʼn interdik wil bekom teen die implementering van die handves. “Dit laat die vraag ontstaan: in wie se belang staan die Kamer transformasie in die mynboubedryf teen? Hulle daag miskien die regering in die hof, maar uit ons oogpunt is hulle teen Suid-Afrikaners wat kan voordeel trek en deel in die wins uit ons minerale welvaart.”

Num het gesê hy sal gemeenskappe mobiliseer teen maatskappye wat teenkanting bied tot die hersiene handves.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eish ·

Dalk beter om die werkers en plaaslike gemeenskap waar die myn geleë is die voordeel te laat toekom dan n verkose kornuit. Die Pamodzi myn aborsie waar no1 se lewensgrootte neef en trawante die bates eenvoudig gestroop het is tekenend wat gaan plaasvind. Laat die sleepsel Afrika vanuit die hof regeer word terwyl daar nog n sprankie onafhanklikheid te bespeur is. Die Myne is in elk geval in totale onbekwaamheid in ge BEE. Die Zama Zama handhaaf n baie verdiensteliker produktiwiteit.

Johann Marx ·

Waarom word alles wat reeds bestaan opge-eis en met wetgewing gedwing tot ondergang? Miskien let ek net nie op nie, maar hoekom het daar in Suid Afrika in die afgelope 20 jaar nie ‘n myn tot stand gekom wat 100% in swart besit is, 100% swart arbeidsmag gebruik, en 100% van die wins wat gemaak word deur almal wat betrokke is gedeel word nie? Dit kan mos dan ‘n voorbeeld dien van HOE dit gedoen moet word? Moenie vat bestaan en dit verwring nie……maak nuwes, net 100% beter volgens julle versugtinge, en WYS die res van die wêreld hoe groot sukses dit is!!!

Eish ·

Amennnnnnnnnn!
Altyd maar n paar beroepe waar jy wegkom met moord. Hierdie een is die moeder van hulle – Politici.

Rina Vermeulen ·

Mooi saam gevat Johann iets wat ek ook nie kan verstaan nie. Maar dits wat gebeur bestaande besighede en ekonomie se ondergang met die wetgewings .Meer afbreek as bou wil hul regtig die land op sy knieë sien dit hoe dit voorkom.

Adam ·

Die ANC sal nie rus alvorens hulle 100% van NIKS besit nie. Nog ‘n onsinnige besluit van ‘n plunderende regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.