ʼn Olifant het glo ʼn man by die Mapungubwe-wêrelderfenisterrein in Limpopo vertrap, het SANParke Maandag gesê.
“Wildbewaarders het Saterdag op die liggaam van die Zimbabwiër, ʼn man in sy vroeë 40’s, afgekom,” het Divhani Maremba, woordvoerder van SANParke, in ʼn verklaring gesê. “Die man is vermoedelik deur ʼn olifant vertrap.”
Maremba sê die man het ʼn Zimbabwiese paspoort en ʼn selfoon by hom gehad. Hy was vermoedelik saam met ʼn groep mense, aangesien daar ʼn aantal voetspore naby hom was.
Kan ek nie maar daardie Olifant kry nie ASB, HY LYK SO EENSAAM.
Ons kan doen met nog so n paar olifante op ons land se grense.
Die olifant lyk baie gelukkig. Kort nog so ‘n paar van hulle
Kan daar nie nog sulke olifante op die Kruger se grenslyn patrollie doen teen stropers nie?
Lekkerrrr OLLIE roer die wat dink hul kan die natuur verniel soos hul wil. GOOD JOB WELL DONE!!!