Perlemoenvonds van R1 miljoen

(Foto: SAPD)

Die polisie in Gqeberha het op perlemoen ter waarde van R1 miljoen beslag gelê.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, is daar vroeg Dinsdagoggend inligting ontvang oor duikers wat perlemoen in die Seaview-gebied oes.

Die operasie is uitgevoer in samewerking met verteenwoordigers van die departement van landbou, bosbou en visserye.

“Die bosse in die gebied is gefynkam en daar is op 35 sakke met meer as 3 400 stuks perlemoen afgekom.”

Daar is ook op duiktoerusting afgekom. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

(Foto: SAPD)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.