Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee beamptes, onderskeidelik 42 en 43 jaar oud, sal Woensdag in die Wynberg-landdroshof verskyn.
“Een van die beamptes was aan diens toe hy in hegtenis geneem is, terwyl die ander beampte by sy huis vasgetrek is. Die inhegtenisnemings hou verband met ʼn ondersoek na ʼn saak van huisroof wat in November verlede jaar in Retreat, Kaapstad aangemeld is,” het Rwexana gesê.
“Die inhegtenisneming van die beamptes bewys dat die SAPD nie slegte elemente in sy diens sal duld nie.”
Baie geluk aan SAPD> Haal die gemors uit tussen die mense wat nog n passie vir hulle werk het en al julle lede na slegte goed laat lyk. Puik doen so voort!!!!
Mooi manne ek is trots op dit wat julle vermag het. Dit vat guts……
Waarom verg dit ‘guts’???
Dit is die taak van die polisie om skelms, selfs indien hulle in eie geledere is, te vervolg.
Hulle ontvang ook salarisse vir die werk wat hulle moet verrig.
Goeie hemel, hulle is verondersteld om die land veilig te hou! Ek hoop hulle gaan ekstra lank tronk toe!! Goeie werk vir die wat hulle vas getrek het!
Jaaaaaaaaaaaaaa, sien julle wat gebeur as ons ophou om omkoopgeld te betaal.
Die polisie is deurtrek van hierdie gemors !
Dit sê maar net weer vir jou hoe in die kanon is hierdie land.
Waarom is ek nie verbaas nie?
Ek sê dit nou vir die tweede keer hierdie land is in sy kanon.
En nou nog net die Zuptas vastrek…….
Ons het nog altyd geweet die polisie is deel van georganiseerde misdaat.
Tragies hoe die SAPD deesdae net n skuil is vir misdaat, en tussen deur ook n salaris voorsiener is… Die ou goeie regte Polisimanne is uil gesaai… as daar nog oor is… Nietemin bly hulle is gevang….
Dit is die resultaat van mense aanstel net om die demografie reg te kry in plaas van mense behoorlik te keur. Die polisie is deurspek met mense wat nie daar hoort nie.
Jip dit word nie geduld nie maar hulle bestaan uit die SAP en is volop.