Protea Coin moet skadevergoeding betaal aan ʼn veiligheidswabestuurder wat twee keer gewond is tydens ʼn poging tot ʼn transitoroof.
Regter Esther Steyn en waarnemende regter Piet Bezuidenhout het Dinsdag in die Pietermaritzburgse hooggeregshof beslis dat die maatskappy vergoeding van R180 000 aan Lesley Chetty moet betaal.
Die regters het bevind dat Chetty ʼn bedryfsbestuurder geglo het wat gesê het dat die voertuig koeëlbestand is. Hy sou glo nie die pos aanvaar het indien hy geweet het dat enige wapen sterker as ʼn AK47-aanvalsgeweer die voertuig kan penetreer nie.
Die hof het bevind dat die bedryfsbestuurder van Protea Coin Group die inligting nie korrek aan Chetty oorgedra het nie en dit kom neer op nalatigheid.
Chetty is in Maart 2004 op pad na Newcastle gewond. Hy is een keer in die ken en een keer in die lyf geskiet. Hy het sewe koeëlwondlittekens, vier snymerke en het glo erge pyn.
Dit is BIDVEST PROTEA COIN….
Ek is bly vir die bestuurder want hierdie mense doen baie gevaarlike werk en dan word hulle peanuts betaal want die frima wil mos onbehoorlike winste wys