Sersant tronk toe vir dwelmhandel

Argieffoto (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

ʼn 44-jarige polisiebeampte is vandeesweek in die landdroshof in Boksburg, Gauteng, 15 jaar direkte tronkstraf opgelê vir dwelmhandel.

Sers. Vinesh Naidoo was betrokke by die OR Tambo Internasionale Lughawe se Vispol-eenheid.

Volgens Robbie Raburabu, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het Naidoo aanvanklik tereggestaan op twee aanklagte van moord asook dwelmhandel, maar is op die moordklag vrygespreek omdat hy nie met die sterftes verbind kon word nie.

“Naidoo was op 27 November 2016 die bestuurder van ʼn polisiepatrollievoertuig waarin ʼn sak dwelms gevind is,” sê  Raburabu.

“Sy passasier en ʼn adjudant-offisier van die Valke is agterin die polisievoertuig gevind, doodgeskiet en met hul vuurwapens wat langs hulle gelê het.”

Naidoo is in 2019 in ʼn dissiplinêre proses vrygespreek deur sy werkgewer nadat Opod dissiplinêre stappe teen hom aanbeveel het. Hy het ook in die polisiediens aangebly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wondermaarnet ·

Die 15 jaar is seker opgeskort en sit sal hy nie sit nie.

MJLS ·

Hoe kan hy steeds in die polisie diens wees? Kry hy salaris om sy tronkstraf uit te moet dien?

Anel ·

So wie het die mense vermoor? Kartelle is net so diep gewortel in die polisie en weermag.

Casper ·

Hy kan nie nog in die polisiediens wees as hy 15 jaar tronkstrafmoet uitdien nie.Wie het dan die moorde gepleeg.

Danie ·

Mak honde byt seer.Hy al lankal betrokke is nou eers uitgevang.Hoop sy vriende sorteer hom uit daar binne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.