Paramedici moes Sondagmiddag ʼn drie uur lange staptog aanpak om ʼn skolier te red nadat hy by Giants Castle in die Drakensberg geval het.
“Paramedici van Netcare 911, Nsele-ambulansdiens en die KwaZulu-Natalse Ezemvelo-wildbewaarders het die staptog aangepak om die seun te behandel wat op ʼn staproete geval het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
“Die reddingspan het by die skoolgroep aangesluit en nadat die seun gestabiliseer is, het hulle besluit om met hom uit te stap weens die weersomstandighede en die son wat besig was om te sak. Hy is by die basiskamp met ʼn ambulans geplaas na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”
Maroela Media, moet dit nie “te red” in plaas van “gered” wees nie – in die eerste sin van die beig?
Dagsê Dark.o
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is gewysig.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Dark.o, moet dit nie berig wees in plaas van beig nie -enigste sin van jou nuttelose boodskap?
Sien, almal maak tog foute.
Al ons Draak stappers is baie dankbaar vir die reddingspanne se getroue diens.
Moet opmerk dat daai suurstof silinder en draagbaar lyk ongemaklik om so te dra vir 3 ure lank. Kan hulle nie maar ‘n rugsak of harnas of iets dergliks vir die mense gee om dit makliker te maak nie?