Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het voorlopige belastingbetalers daaraan herinner om hul jaarlikse ITR12-opgawes voor 31 Januarie deur eFiling in te dien.
ʼn Voorlopige belastingbetaler is enigiemand wat inkomste benewens ʼn salaris verdien. Dit sluit mense in wat huurinkomste ontvang van ʼn eiendom, belasbare rente-inkomste uit beleggings of ander inkomste uit ʼn onderneming.
Die SAID het gewaarsku dat laat indienings daartoe kan lei dat boetes gehef word.
Belastingbetalers wat hulp benodig met die indiening van ʼn opgawe deur eFiling, kan die SAID-oproepsentrum by 0800 007 277 bel.
Hulle hef boetes vir laat betalers, maar jy wat getrou betaal en op ‘n terulgbetaling wag moet maar wag tot SARS besluit dis tyd om die betaling te maak, Hulle betaa nie rente op fondse wat nie betyds uitbetaal word nie. Ek wag nou al 4 maande vir my geld.
Hulle is bekend daarvoor dat hulle rentes hef nog voordat mense hulle opgawes moet indien!!!
En moenie dink jy kry dit reg gestel nie!!!
Baie mense kan hiervan getuig.
Wat dan van JZ wat van 2010 nog nie belasting betaal het nie ?
SARS weier om my Solidariteit Helpend Hand donasies te erken, hulle sê die Artikel 18A sertifikaat voldoen nie aan die vereiste nie.
Het by SARS appel aangeteken, wag vir die uitslag, nie hoopvol nie.
Wie het nog dieselfde probleem.