Student vas ná ‘aanranding’ in Maties-koshuis

(Foto: Facebook)

ʼn 26-jarige verdagte verskyn na verwagting Vrydag in die Bellville-landdroshof in die Wes-Kaap ná ʼn voorval in ʼn Maties-koshuis waar ʼn student glo seksueel aangerand is.

Die klagte spruit uit ʼn beweerde voorval Saterdag in die vroeë oggendure toe ʼn vrouestudent deur ʼn manstudent in Ubuntu-huis, ʼn koshuis op die Tygerberg-kampus, aangerand is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn foto van die vermeende slagoffer met ʼn toegeswelde oog is op sosiale media gedeel met ʼn boodskap wat lui dat ʼn mediese student die vrou aangerand het nadat sy hom gevra het om nie aan haar agterstewe te vat nie.

“Dít is wat ek kry omdat ek ʼn man vra om mý liggaam en mý ruimte te respekteer,” lui die inskrywing.

Die student het ʼn klag by die Parow-polisiestasie aanhangig gemaak en ontvang berading.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het gesê die man is vroeër vandag in hegtenis geneem. Hy word aangekla van seksuele aanranding en aanranding.

Die Universiteit Stellenbosch het die finalejaar- mediese student wat van die aanranding beskuldig word, reeds geskors en ʼn interne ondersoek na die voorval word gedoen.

  • Hierdie berig is gewysig na die plasing daarvan – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Scalla ·

Wat soek die pervert daar in die vroee oggend ure, is daar nie mans en dames koshuise nie?

Leon ·

Nee, die ANC het daarop aangedring dat die koshuise gemeng word.

Leon ·

Gemengde koshuise. Daar was ‘n rede hoekom die apartheid regering aparte koshuise vir mans en vrouens afgedwing het. Kla die regering aan. Dis die ANC se skuld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.