Transnet verminder opeenhoping by Richardsbaai

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Padvragvervoervereniging)

Transnet Freight Rail (TFR) het sy hoeveelheid steenkooltreine van 21 na 28 lokomotiewe per week verhoog by die Richardsbaai-hawe in KwaZulu-Natal. Dit is deel van Transnet se herstelplan en ʼn toewyding deur die uMhlathuze-stadsraad en ander belanghebbendes.

“Die doelwit van die toename is om vragmotorvrag te verlig en die volume van pad na spoor te skuif,” sê Theo Johnson, waarnemende bestuurshoof van die noordkorridor. “Alle Transnet-kliënte wat goedere padlangs na die Richardsbaai-hawe vervoer is direk genader om aan te dui of hulle belang sou stel in ʼn toetstreindiens.

Die doel van die toets was ook om Transnet en sy kliënte in staat te stel om te bepaal wat die vermoëns is van treinlading en die spoorvriendelikheid vir vrag te bepaal vir elkeen van die partye wat goedere padlangs vervoer na die hawe.

Die status van die netwerk, treinhanteringstye en omkeertye is ook getoets.

“Teen 31 Maart 2024 het TFR altesaam 106 000 ton van pad na spoor geskuif terwyl sowat 3 100 vragmotorladings van die paaie verwyder is (dit kom neer op 6 200 vragmotorritte as die leë roete op pad terug in ag geneem word.”

Tot dusver was sewe kliënte, waarvan ʼn meerderheid voorheen 100% vrag padlangs vervoer het, deel van die toets. Die proses om die res van die kliënte te toets duur voort. Dit hang af van beskikbare kapasiteit op ʼn weeklikse basis.

Die inisiatief is aangebied met ʼn duidelike bepaling dat dit nie neerkom op verbintenis tot spoorwegkapasiteit oor die langtermyn nie, aangesien daar ʼn gestruktureerde voortgesette proses bestaan vir kapasiteittoekenning, voeg Johnson by.

Die toename van lokomotiewe is die jongste positiewe verwikkeling ná die steenkooluitvoer-vervoerband, wat twee jaar lank buite werking was weens brandskade, weer ten volle in werking gestel is by Richardsbaai, aldus Transnet Port Terminals (TPT).

Ná deeglike toetse teen die einde van Desember suksesvol uitgevoer is, het dit meer as 400 vragmotors reeds van die paaie af verwyder.

Die band is een van drie wat in Oktober 2021 deur ʼn brand verwoes is. Die 2,2 km lange vervoerband het ʼn uitset van meer as 3 miljoen ton per jaar. Aanskaffingsprosesse om die oorblywende twee te herstel is in ʼn gevorderde stadium.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Misky ·

Dit sal werklik baie help as ons minder trokke op die paaie het. Dis soms `n nagmerrie om Rbay, Emp na Durban te ry met die baie trokke op ons paaie. Om nie te praat van die “potholes” wat hulle veroorsaak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.