Twee wou glo kitsbanke oopblaas

(Argieffoto: Maroela Media)

Twee verdagtes, onderskeidelik 35 en 37 jaar oud, is in hegtenis geneem vir poging om kitsbanke oop te blaas en die besit van springstof.

“Polisiebeamptes was Dinsdagoggend vroeg besig op patrollie in Marikana, Noordwes, toe hulle twee mans naby kitsbanke opgemerk het,” het die polisie in ʼn verklaring gesê. “Toe die twee die polisiebeamptes sien, het hulle weggehardloop en die beamptes het hulle agternagesit.”

Die mans is aangekeer en hulle sakke is deursoek. “Springstof is in hul besit gevind. Die beamptes het na die kitsbanke teruggekeer waar die mans aanvanklik opgemerk is en hulle het op nog springstof afgekom wat aan twee kitsbanke gekoppel was.”

Die twee mans sal na verwagting Woensdag in die Rustenburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jzjz05 ·

Verblydend en n groot regmerk vir die twee polisiemanne wat die manne gevang het,en nie net toe gekyk het dat die daad gedoen word nie maar gehandel het soos van hulle verwag word,MOOI GEDOEN.

Tanja ·

Jitte… loop jy in ń China winkel in en koop “springstof”…

Nick ·

Kla hulle aan vir terrorisme en anargie. Maak ‘n voorbeeld van hulle. Diefstal klag sal hulle Maandag weer uit wees op parool.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.