Tweejarige verkrag, vermoor in Limpopo

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die polisie in Letsitele buite Tzaneen in Limpopo is op soek na verdagtes verantwoordelik vir die moord en verkragting van ʼn tweejarige meisie, wie se liggaam Donderdag 13:00 in die bosse naby ʼn plaaslike nedersetting gevind is.

Die kind het die vorige dag vermis geraak nadat sy glo besoek aan haar ma se vermeende kêrel afgelê het. Volgens brig. Motlafela Mojapelo is die kind se ma Woensdag omtrent 12:00 na die bure se huis toe om ʼn kruiwa te leen, waarna sy na die rivier is om water te gaan haal. Sy het haar kind by die huis gelos. “Toe sy by die huis kom, was die kind weg. Sy het onmiddellik die polisie in kennis gestel en ʼn soektog het gevolg.”

Die soekgeselskap het bestaan uit lede van die polisie, die polisie se honde-eenheid, nooddienspersoneel en gemeenskapslede.

“Die kind is ongelukkig die volgende dag in die bosse gevind – verkrag en vermoor.”

Die polisie ondersoek nou ʼn saak van moord en verkragting. Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris, het haar skok en afgryse oor die voorval uitgespreek en lede van die gemeenskap versoek om die polisie te help met inligting wat daartoe kan bydra dat geregtigheid geskied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.