Verdagtes nog soek ná skietery in Soweto

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die polisie in Gauteng het ʼn soektog van stapel gestuur na die persone wat in ʼn skietvoorval betrokke was by ʼn kroeg in Nomzamo- informele nedersetting in Orlando-Oos.

Maroela Media het vroeër berig minstens 14 mense is dood in die massaskietery.

Kol. Dimakatso Sello, woordvoerder van die polisie, sê ʼn groep mans, gewapen met gewere en 9 mm-pistole, het Saterdagaand omstreeks 00:30 die kroeg betree en lukraak op die klante losgebrand.

“Altesaam 23 mense is geskiet. Twaalf persone is op die toneel dood verklaar en 11 is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Nog twee persone het by die hospitaal aan hul beserings beswyk.”

Die polisie ondersoek 14 sake van moord en nege van poging tot moord.

Lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel. Hy maan die span speurders, onder leiding van adjunk- provinsiale kommissaris van misdaadbekamping, genl.maj. Mbuso Khumalo, om alles in hul vermoë te doen om die oortreders aan te keer en te vervolg.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die Crime Stop te kontak by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.